Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Swemuitslae: 6 Februarie

Verlede Donderdag het ons swemspanne deelgeneem aan die jaarlikse Springfield‑gala, waar ’n totaal van ses skole in ’n sterk en mededingende veld meegeding het: Rondebosch B, Springfield, Settlers, Jan van Riebeeck, Milnerton ...

Rekke gekanselleer: 9 Februarie

Rekke vir Maandag is gekanselleer a.g.v die Mining Indaba. Ons skop egter ons #JanDraf-klub af – leerders wat wil saam draf, ontmoet om 15:00 in die parkeerterrein vir ’n 5 km-roete. Almal is welkom.

Graadkampe

Soos u bewus is, sien ons almal baie uit na die komende graadkamp — ’n besondere geleentheid waar leerders en personeel saam tyd kan deurbring, groei kan beleef en herinneringe kan skep wat lank sal bly. Dit is werklik ’n voorreg om as ...

Graad 8-tutorlesse

Hiermee word graad 8-leerders en ouers ingelig dat Wiskunde-tutorlesse elke Maandagoggend om 06:45 in Juffrou Steyn se klas aangebied word. Die sessies word gefasiliteer deur Mia Symington en Jan Karsten. Leerders word aangemoedig om hierdie ...

Assesseringsprogram: Kwartaal 1

Volg die skakel vir die  assesseringsprogram vir kwartaal 1: Graad 8-12. https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/02/Finale-Assesseringprogram-Kwartaal-1.pdf Let asseblief op die volgende belangrike punte: Graad 8: ...

SAMO Wiskunde-olimpiade

Die landswye Wiskunde-olimpiade deur SAMF skop weer af. Koste: R45, betaalbaar op Karri voor 13 Februarie 2026. Die eerste ronde is op 12 Maart 2026.  Dit bestaan uit 20 veelkeuse-vrae en leerders het 1h om dit te voltooi. Die tweede ...

Bloedskenk: 23 Februarie 2026

Ons nooi almal uit om op Maandag, 23 Februarie 10:00 - 14:00 by Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal te kom bloedskenk.: Eerste skenkers (16+ jaar oud) moet 'n toestemmingsvorm deur hul ouers laat teken.  Almal, ook ouers, is baie welkom ...

Tussentydse Beheerliggaamverkiesing

Twee ouerlede van die beheerliggaam se termyne het laasjaar tot 'n einde gekom: Chris van der Merwe en Samuel Mars se kinders het graad 12 voltooi; dus moet die twee vakatures nou gevul word. Ons het reeds verlede jaar pro-aktief opgetree en ...

Swemnuus

Op Donderdag, 29 Januarie, het Hoërskool Jan van Riebeeck se swemspan aan die gala by die Duitse Skool van Kaapstad deelgeneem. Die skole wat deelgeneem het, was: SACS, Sans Souci, Pinelands, Rondebosch, die Duitse Skool, Jan van Riebeeck en ...

Skoolwinkel: Erekleure

Erekleurebaadjies en -dasse moet teen volgende Vrydag, 13 Februarie, ingehandig word by me. Roelene van Loggerenberg se kantoor. Dit word dan vir verstellings weggestuur .

Netbal: DNL-toernooi by Fairmont:

Ons eerstepan neem hierdie naweek aan die DNL-toernooi deel wat by Hoërskool Fairmont aangebied word. Ons nooi almal hartlik uit om die seisoen se openings­toernooi by te woon en ons span te ondersteun. Netbal van hoë gehalte kan verwag word, ...
X