Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Alle Graad 9 en 10 ouers het vandag 'n brief ontvang rondom die skool se Cambridge program. Indien u kind belangstel om van die skool se aanbod gebruik te maak word u uitgenooi om die inligtingsaand op 24 Februarie 2026 by te woon.
Tyd: ...
Alle voogde of ouers van graad 8-leerders wat in die laerskool van assessering akkommodasies / konsessies gebruik gemaak het, moet asseblief teen Vrydag, 20 Februarie, vir mev. Nimmo per e-pos by annelie.nimmo@janvanriebeeck.co.za daarvan in ...

Aiden Kruger en Kyle Meissenheimer het die naweek by HTS Oude Molen aan die WP District Central Schools Chess Individual Trials 2026 deelgeneem. Hierdie kompetisie bestaan uit 6 rondes wat op 7 en 8 Februarie 2026 plaasgevind het. Kyle ...
Verlede Donderdag het ons swemspanne deelgeneem aan die jaarlikse Springfield‑gala, waar ’n totaal van ses skole in ’n sterk en mededingende veld meegeding het: Rondebosch B, Springfield, Settlers, Jan van Riebeeck, Milnerton ...
Rekke vir Maandag is gekanselleer a.g.v die Mining Indaba. Ons skop egter ons #JanDraf-klub af – leerders wat wil saam draf, ontmoet om 15:00 in die parkeerterrein vir ’n 5 km-roete. Almal is welkom.
Soos u bewus is, sien ons almal baie uit na die komende graadkamp — ’n besondere geleentheid waar leerders en personeel saam tyd kan deurbring, groei kan beleef en herinneringe kan skep wat lank sal bly. Dit is werklik ’n voorreg om as ...
Hiermee word graad 8-leerders en ouers ingelig dat Wiskunde-tutorlesse elke Maandagoggend om 06:45 in Juffrou Steyn se klas aangebied word. Die sessies word gefasiliteer deur Mia Symington en Jan Karsten. Leerders word aangemoedig om hierdie ...
Volg die skakel vir die assesseringsprogram vir kwartaal 1: Graad 8-12.
https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/02/Finale-Assesseringprogram-Kwartaal-1.pdf
Let asseblief op die volgende belangrike punte:
Graad 8: ...
Die landswye Wiskunde-olimpiade deur SAMF skop weer af.
Koste: R45, betaalbaar op Karri voor 13 Februarie 2026.
Die eerste ronde is op 12 Maart 2026. Dit bestaan uit 20 veelkeuse-vrae en leerders het 1h om dit te voltooi. Die tweede ...
Ons nooi almal uit om op Maandag, 23 Februarie 10:00 - 14:00 by Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal te kom bloedskenk.:
Eerste skenkers (16+ jaar oud) moet 'n toestemmingsvorm deur hul ouers laat teken. Almal, ook ouers, is baie welkom ...
Twee ouerlede van die beheerliggaam se termyne het laasjaar tot 'n einde gekom: Chris van der Merwe en Samuel Mars se kinders het graad 12 voltooi; dus moet die twee vakatures nou gevul word.
Ons het reeds verlede jaar pro-aktief opgetree en ...
Ons stel bekend nog 'n feesgeleentheid op ons verjaarsdagkalender: 'n feeskonsert met Francois van Coke en die JvR-koor op 6 Maart om 18:30 in die Amfi-teater.
Daar is slegs 400 kaartjies beskikbaar teen R300 elk op Karri en Quicket. ...