Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Neem asseblief kennis van die volgende reëling vir die langnaweek in die tweede kwartaal:
die naweek van 30 April tot 3 Mei word die koshuis uitverhuur. Ons koshuise is reeds verlede jaar vir hierdie tydperk bespreek, en geen koshuisleerder ...
By Hoërskool Jan van Riebeeck glo ons dat ’n skool se ware krag nie net in akademie of prestasie lê nie, maar in die waardes wat ons daagliks leef. ’n Skool wat sterk waardes het, bly gesond, gefokus en op koers – in elke faset van die ...
Ons herinner graag dat alle dogters vanaf die eerste dag van die tweede kwartaal slegs die lang vlootblou-sokkies mag dra.
Kontak asseblief vir me. Sanette van Loggerenberg by skoolwinkel@janvanriebeeck.co.za indien u nog nie die sokkies ...

Dit was ’n uitdagende begin van die seisoen vir ons netbalspelers, maar ons is uiters trots op die uitstekende spangees wat deur al die spelers, op en van die baan af, getoon is. Om teen ’n toonaangewende netbalskool mee te ding en nooit tou ...

Ons het die kwartaal met 'n hoogtepunt afgesluit Donderdag, 5 Maart, met 10 deelnemende skole by Herzlia.
Omdat dit ’n groot interskolegala was, is daar nie individuele uitslae vir hierdie rondte gepubliseer nie. Die spanuitslae het egter soos ...
Ter voorbereiding vir die 2026-hokkieseisoen het ons o.16- en o.19 seuns- en dogtershokkiespanne aan die Cape Co-Ed Hokkiefees deelgeneem. Die leerders het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en deurgaans goeie sportmansgees tot die einde ...
Baie geluk aan al ons sprekers wat die 9de Maart aan ons interne redenaarskompetisie deelgeneem het.
Hier volg die uitslae:
Juniors: Voorbereid
1ste Karu Rademeyer
2de Leah Lindeque
3de Elisabet Marais
Seniors: Voorbereid
1ste ...
Donderdag, 26 Februarie, het ons swemspanne deelgeneem aan ’n tussenhoërskool-gala by Grootte Schuur. Die deelnemende skole was Pinelands, Vishoek, Bishops, Grootte Schuur, Herzlia, Jan van Riebeeck en die Duitse Skool.
Uitslae
Die seunspan ...
Leerders het op 25 Februarie die JanKuns-klubwerkswinkel vir die 1ste kwartaal geniet. As deel van die Culemborg Market Square (1652, 1952, 2027) se artistieke navorsingsprojek het Brent Dahl en Jonathan Tang die kunswerkswinkel vir die ...
Dit begin dikwels onskuldig: ’n verjaarsdag, ’n sokkiewedstryd, ’n matriekafskeid. Maar kenners waarsku dat alkohol al hoe vroeër deel word van tieners se sosiale lewe — dikwels met minimale toesig en groot risiko.
Die algemene ...
Die skooldag eindig om 14:15. Maar vir slagoffers van kuberboelie stop die teistering nie by die skoolhek nie. Dit volg hulle huis toe — in hul sakke, op hul bedkassies en in hul slaapkamers.
Kenners beskryf kuberboelie as herhalende, ...
Die Hoërskool Jan van Riebeeck Skoolkoor en enkele soliste van die Welgemeend Skool vir Musiek neem op Sondagoggend, 22 Maart, om 10:00, deel aan 'n Paassangdiens by die Tamboerskloof NG-kerk. Ons nooi u hartlik uit om die gees van Paasfees by ...