Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Ons o.15- en o.17-netbalspanne het op Saterdag, 2 September, aan die CTHSN (WP)-ronde van die Fast 5-netbaltoernooi deelgeneem. Die spanne moes die oggend om 7:15 by Hoërskool Durbanville vir die dag se verrigtinge aanmeld. Ons spanne se eerste ...
Op Donderdag, 31 Augustus, het die graad 12-gasvryheidstudieklas 'n heerlike afsluitingsuitstappie na Stellenbosch gehad. Die leerders het die geleentheid gekry om 'n wonderlike eetervaring by The Table @ da Maje Restaurant te geniet. ...
Baie dankie aan diegene wat die Google-form ingevul het, sodat ons die nodige belangstelling kon bepaal. Ongelukkig was dit te min en het ons besluit om ons beplanning aan te pas. Daar is besluit om die toer te kanselleer en ander moontlikhede ...
Die graad 9-leerders het vanjaar hul ondernemingsgees uit die saal, na die gewilde studentesentrum, meer algemeen bekend as Die Gat, geskuif.
Daar was 12 ondernemings wat 'n verskeidenheid produkte of speletjies aangebied het. Dit was 'n ...
Die graad 1-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck het vanoggend ons matrieks met spesiale kaartjies verras om hul voorspoed toe te wens met die res van die rekordeksamen.
Dit was 'n besondere oomblik toe die Jannies elke matrikulant ...
Ons is opgewonde dat Herzlia se waterpolo-program vanaf volgende week by ons swembad aangebied word en belangstellende Jan van Riebeeckers het ook die nou die geleentheid om deel te raak van hul oefengroepe om sodoende vaardighede in dié lekker ...
Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die wintersportseisoen. Ons gaan nou stelselmatig begin oorslaan na ons somersport en vir die wintersportkodes begin met 'n afseisoenprogram. Sien die sessies hieronder.
Maandag, 11 September ...
Registrasie is NOU oop by www.capetown.gov.za/ScienceFair vir hierdie splinternuwe Wetenskapkompetisie vir hoërskoolleerders van Graad 8 tot Graad 11 wat skoolgaan in die Kaapstad metropool.
Die tema is Innovate Today for a Sustainable ...
Die senior Rotary debatspan het Maandag 4 September,in die finale van die Rotary liga teen Springfield deelgeneem. Die span het tweede in die toernooi gekom – slegs die tweede keer wat ‘n Jan van Riebeeck-span dit regkry sedert die kompetisie ...
Die ATKV-DigiPraatkompetisie is ‘n heerlike geleentheid vir leerders om as sprekers te ontwikkel sonder die druk van ‘n lewende gehoor. Leerders kan ‘n toespraak oor enige tema of onderwerp lewer, wat redeneer, vermaak of inlig en ‘n video ...
Ons tennisster Peet Karsten het die afgelope naweek aan die TSA Wynland Mini-Toernooi deelgeneem en die mansafdeling gewen. Hy het ook die vorige naweek die TSA Cape Town mini-toernooi se mansafdeling gewen.
Nege Jan van Riebeeckers het op Vrydag, 25 Augustus 2023, hul Afrikaans Huistaal spelvernuf in die distrik gaan toets en hulle baie goed van hul taak gekwyt.
Die uitslae lees soos volg:
Graad 8
Cara Swanepoel -Eerste
Helene Greeff ...