Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Kom sluit die jaar op 'n hoë noot af waar leerders van die Welgemeend Skool vir Musiek vermaaklike en diverse uitvoerings gaan lewer van die beste musikale gehalte. Kaartjies is teen R50 beskikbaar op Quicket en die konsert vind in Laerskool ...
Die volgende leerders het uitstekend in die drie landswye wetenskap-olimpiades gevaar. Hierdie is slegs die voorlopige uitslae, die sertifikate word vroeg in Desember verwag. Veels geluk, hierdie is pragtige prestasies!
Fisiese Wetenskappe ...
Die Jan van Riebeeckers het almal verlede week koeverte ontvang met ‘n bestelvorm vir die groepfoto’s wat op 11 en 12 Oktober geneem is. Leerders moet slegs die koevert met die bestelvorm by me.Vrey inhandig teen Maandag, 6 November. Daar sal ...
Let asseblief daarop dat indien u kind hul Engels (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) of hul Afrikaans-vraestel 3-assessering aan die einde van kwartaal 3 misgeloop het, is daar eerskomende Woensdag, 8 November ’n finale geleentheid om ...
Vanjaar dien Toby de Ruiter op die Junior Stadsraad van 2023 waar daar vereis word dat elke lid hul eie projek loots met die poging om terug in hul gemeenskappe te ploeg en `n verandering en selfs verbetering daartoe te bring.
Sy projek se ...
Sien aangeheg die rooster vir die praktiese eksamens vir alle vakmusiekleerders.
Ons sport-"STUDS" van die week is ons vier atlete wat die beste prestasies gelewer het by die Curro-podiumbyeenkoms op Vrydag, 27 Oktober!
Seuns
Beste veldatleet: Fredrich Erasmus - Spiesgooi
Beste baanatleet: Altus van Niekerk - ...
Kom klink gerus 'n glasie op uitmuntende werk van ons buite-drama-leerders! Geniet hul talent of kom kyk as jy dalk betrokke wil raak by buite-drama volgende jaar.
Wanneer: Woensdag, 1 November 2023
Waar: Hoërskool Jan van Riebeeck ...
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons voortaan saamwerk met Snapplify om die aankoop van handboeke vir u as ouer te vergemaklik.
Snapplify kan fisiese handboeke sowel as e-handboeke (indien dit beskikbaar is) verskaf. Let asseblief ...
Hoërskool Jan van Riebeeck het die afgelope naweek aan die Kwagga Top 10-byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms sou plaasvind by Hoërskool Outeniqua, maar weens die reën moes die organiseerders vinnig plan maak en die byeenkoms na Oudtshoorn ...
Dis met groot opwinding dat ons komende Donderdag, 26 Oktober ons Lentesokkie gaan hou. Kaartjies is op Karri beskikbaar. Indien enige metgeselle van ander skole die aand wil bywoon moet leerders 'n brief by ontvangs gaan haal om te voltooi. ...
Volg die skakel vir die Assesseringsprogram en intervensie tye (sluit nie eksamenrooster in nie).