Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Graad 8 en 9-Skeppende Kuns leerders asook Visuele Kunste en Ontwerp leerders word uitgenooi na 'n uitstappie na die Irma Stern Museum op Dinsdag, 30 September. Die uitstappie sal direk na skool plaasvind en leerders behoort net na 16:00 by die ...
Die SANGO Junior Olimpiade is om die draai, en ons is opgewonde! 🌍
Die meervoudige keusevrae, wat aanlyn voltooi word, is gebaseer op die Graad 8- en 9-KABV-kurrikulum, met ’n bietjie algemene kennis en selfs ’n paar goeie uitdagings ...
U is welkom om u kind vir hierdie insiggewende kursus in te skryf - dit help hul hoe om die wêreld van KI (AI) op 'n etiese en dinamiese manier aan te durf. Volg die skakel vir die ...
WELGEMEENT HEREHUIS, Welgemeend straat 2, Tuine, Kaapstad.
Openingsaand Dinsdag,16 September 2025, om 18:00. Kabous Meiring, joernalis en TV persoonlikheid, sal die gasspreker wees.
* Dinsdag, 16 September 12.00 tot 20:00.
* Woensdag, 17 ...
Volg gerus die skakel vir die toetsrooster met die tye wat leerders skryf:https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/09/Toetsrooster-vir-nuusbrief-12-Sep.pdf
Leerders meld om 07:35 aan by die lokale waar hulle ingedeel is om ...
Alle GRAAD 12-leerders wat vanjaar sport of kultuur prestasies buite skoolverband behaal het in aktiwiteite wat nie by die Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied word nie, moet asseblief die onderstaande skakel teen Maandag 29 September 2025 ...

Hoërskool Jan van Riebeeck in samewerking met Kasi Running bied soos altyd aan die einde van die jaar ’n reeks van 6 afrigtingsklinieke aan om jou atletiekseisoen op die regte manier af te skop! Hierdie klinieke vind plaas op verskeie liggings. ...

Stel jou ’n kampus voor waar netjiese en eenderse potte in ’n elegante ritme van groen staan: elke boom ’n lewende simbool van ons 100 jaar, ’n koel skaduplek vir leer, ’n toonbeeld van biodiversiteit en ’n bron van trots vir ons gemeenskap. ...

Die skool se nuwe ondersteunersdrag (sokkies, oorbelle, hemp en pet) is nou aanlyn beskikbaar. Volg asseblief die volgende skakel om jou bestelling te plaas. https://legacywear.co.za/product-category/hoerskool-jan-van-riebeeck/
Dit word by ...

Die PlezierMarkt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk. Kaartjies sal ...

U word hartlik uitgenooi na Hoërskool Jan van Riebeeck se graad 12-kunsuitstalling by Welgemeend. Die opening is op Sondag, 28 September en begin om 10:00. Die uitstalling is ook oop vir die publiek op Dinsdag, 30 September.
R.S.V.P. ...

U sou sien dat daar nou geverfde nommers by elke parkering bo in die parkeerarea by Hoërskool Jan van Riebeeck is. Daar is ’n parkeerplek aan elke personeellid toegwys en ons versoek u vriendelik om nie tussen 6:00 en 17:00 bedags op hierdie ...