Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Intervensie kwartaal 2

Leerders is welkom om enige van die volgende beskikbare intervensieklasse by te woon. Volg die skakel vir die program: https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/04/Intervensie-Kwartaal-2-2026.pdf
VREESLOOS-uitdaging

VREESLOOS-uitdaging

Ons het die voorreg om hierdie jaar weer aan die Radio Tygerberg Vreesloos-uitdaging deel te neem. Vier van ons leerders en personeel het Donderdag gewys hoe vreesloos hulle is en dit het vir groot pret en spanbou gesorg. As deel van die ...

Opening van Suidoosterfees

Ons is baie trots op Hoërskool Jan van Riebeeck se koor wat vanjaar uitgenooi is om aan die openingseremonie van die Suidoosterfees deel te neem. By hierdie geleentheid, wat op 29 April om 18:30 by Artscape plaasvind, sal ons koor saam met ...
Moedersdag Gelukkige trekking

Moedersdag Gelukkige trekking

Koop 'n lootjie teen slegs R50 en staan 'n kans om een van twee spesiale Moedersdag geskenkpakke ter waarde van R1500 elk te wen. Die trekking vind Donderdag, 7 Mei, plaas met afhaal van pryse Vrydag, 8 Mei. Net betyds om die spesiale vrouens ...
HOZA Geskiedenis olimpiade

HOZA Geskiedenis olimpiade

Alle graad 10 tot 12 leerders word uitgenooi om aan die HOZA Geskiedenis olimpiade, wat op 14 Mei plaasvind, deel te neem. Hierdie olimpiade is vir seniors en vind aanlyn plaas. Die inskrywingsfooi is R70 per leerder en betalings kan op Karri ...

Bergfietsuitslae: 11 April 2026

Die span het uitstekend gevaar tydens die wedren wat op Saterdag, 11 April, by Bethlehem Plaas in die Banhoek plaasgevind het. Hier volg die ryers se besonderse uitslae: Cara Swanepoel behaal ’n puik 4de plek in die dames 17-afdeling. Die ...

Proverto Olimpiade (Handelsvakke)

Inskrywings sluit die 17de April 2026. Leerders (Graad 10-12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Datums van die Olimpiade is 6 Mei (Ronde 1) en 29 Julie (Ronde 2) om 14:30. Leerders kan dus al drie ...

IGCSE Cambridge en A Level Program

Daar is op 24 Maart 2026 uitnodigings gestuur aan alle Graad 9- en Graad 10-ouers van leerders wat kwalifiseer vir die IGCSE Wiskundeprogram en die A Level-program vir onderskeie vakke. Inskrywings vir die programme wat die skool aanbied, sluit ...
X