Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Alle graad 12-leerders woon eerskomende Dinsdag, 13 Mei, saam met hul Afrikaansonderwysers ’n vakuitstappie gedurende die skooldag by waartydens hul die verhoogweergawe van hul voorgeskrewe roman, Onderwêreld, by Hoërskool Tygerberg gaan ...
Leerders wat die assessering van hul Afrikaansskryfstukke gedurende die laaste week van die eerste kwartaal (met ’n gelddige rede) misgeloop het, sal op Maandag, 26 Mei 2025 om 14:30 ’n tweede geleentheid ontvang om die take in te ...
KARRI stel graag hulle Masterkaart vir leerders bekend.
Hiérdie kaart word deur Nedbank onderskryf en bied aan leerders ’n veilige manier om by enige plek betalings te doen. Ouers kan daaglikse limiete bepaal, die PIN verander of geld op die ...
Hoërskool Jan van Riebeeck bied op Donderdag, 22 Mei 2025, ‘n Loopbaanaand aan vir alle Graad 11-leerders en hul ouers. Die bywoning van die aand is verpligtend en dit sal plaasvind van 18:00 tot 20:00 by die skool.
Ons nooi verskeie ...
Beste Graad 10 ouer/voog. Ons het reeds die wiel aan die rol met ons eerste Matriekdans 2026 - dinkskrum en ons is opgewonde vir die seisoen wat voorlê!
Baie dankie aan elkeen wat die vergadering bygewoon het, julle insette, kreatiwiteit ...
Ons debat seisoen het uiteindelik met 'n groot knal afgeskop en kwartaal 2 gaan 'n bedrywige tyd vir die debat leerders wees.
ATKV-debat
Op 16 Mei neem ons spanne aan die jaarlikse ATKV debatskompetisie deel en ons wens ons 3 spanne alle ...

Twee-en-veertig van Hoërskool Jan van Riebeeck se Wiskundiges, het Woensdag aan die UCT-Wiskunde-Olimpiade deelgeneem. Hierdie gratis olimpiade is al sedert 1977 deel van Wes-Kaapse hoërskole se kalender.
Dankie aan al die Jannies ...
As deel van die 100-jaarvieringe vanjaar van ons geliefde moedertaal, gaan ons skool op 8 Mei ’n paar spesiale oomblikke geniet om ons liefde en passie vir AFRIKAANS duidelik te laat blyk.
Een van die opwindende inisiatiewe is dat ons skool ...
Volg gerus die skakel vir die Junie 2025 eksamenrooster:https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/05/Junie-2025-Finale-Eksamenrooster.pdf
Gavin Ford van BLS Medical bied weer 'n "Basic First Aid" kurses by ons skool aan, teen 'n baie spesiale prys. (www.blsmedical.co.za)
Leerders en ouers is welkom om in te skryf. Dit sal oor 3 opeenvolgende middae, 24-26 Junie 2025, ...
Ons verwelkom meer as 800 spelers van verskeie skole hier onder die pragtige Tafelberg en sien uit na 'n naweek van gasvryheid en baie aktiwiteite. Loer gerus na die program wat volg vir die naweek en sluit by enige of al die aktiwiteite aan. ...
Ons is opgewonde om hierdie jaar aan die Shakespeare Schools Festival deel te neem. Hierdie groep voer, onder die leiding van Nayla Walker ('n graad 11-leerder), Macbeth op met 'n 'Southern twist'. Hoërskool Jan van Riebeeck tree Vrydag, 23 Mei ...