Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Alle Juniors (graad 8-9) word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die HOZA Geskiedenis olimpiade. Dit is 'n aanlyn olimpiade wat op 15 Oktober by die skool sal plaasvind. Die koste beloop R55 per inskrywing en moet voor of teen Maandag, 7 ...
Ons jaarlikse graad 12-prysuitdeling seremonie vind vanjaar op Donderdag, 3 Oktober plaas. Alle graad 12-leerders wat meriete, kleure, erekleure, spesiale erekleure of spesiale toekennings by die graad 12-prysuitdeling ontvang, se ouers / ...
Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Die digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat ...

BOETIE SON EN SUSTER MAAN
‘n Broer en Suster kunsuitstalling van skilderye, sketse, drukke en ‘n kunsboek.
Die Welgemeend kunsuitstalling word deur Nannette van Rooyen geopen en vind Donderdagaand, 26 September, om 18:00 plaas.
Die ...
Intervensie vir Graad 12 leerders word vir die volgende vakke op Donderdag, 19 September, aangebied:
08:00 - 10:00, Rekeningkunde en Fisiese Wetenskappe
10:30 - 12:30, Wiskunde.

Die kunstenaar Hermien van der Merwe nooi leerlinge en ouers uit na haar rondleidings van haar solo
“Ruik jy fynbos of ruik jy Karoo?”
12 – 22 September 2024 by Welgemeend
Rondleidings sal plaasvind op 14, 20 en 21 September om 12h00 – ...
Vanaf Maandag, 9 September, sal die klerewinkel se besigheidsure verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak. ...

Ons nuwe handdoekkappietruie (hooded towels) is vir slegs R550 by die klerewinkel te koop.

Ons wil graag die uitstekende geleentheid van binnehuis-hokkie onder u aandag bring.
Vir meer inligting en registrasie kan u die volgende skakel volg: ...
Hoërskool Jan van Riebeeck beplan om vanjaar nog 1 uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Mari Swanepoel in graad 12. Hulle gaan verseker dat ...
Graad 8-12 Meriete aansoeke vir 2024
Alle leerders wat in 2024 vir meriete toekennings vir sport en kultuur, wat buite die skool aangebied word, in aanmerking wil kom, moet asseblief die onderstaande skakel voor Vrydag 13 September 2024 ...
Ons Jan van Riebeeckers in graad 8-9 skryf eerskomende Donderdag, 5 September die junior Afrikaansolimpiade. Leerders moet om 14:15 in die saal aanmeld. Die olimpiade begin om 14:30 en eindig om 16:30.
Baie sterkte aan al ons leerders – ons ...