Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    
Laaste swemgala van die kwartaal

Laaste swemgala van die kwartaal

Ons het die kwartaal met 'n hoogtepunt afgesluit Donderdag, 5 Maart, met 10 deelnemende skole by Herzlia. Omdat dit ’n groot interskolegala was, is daar nie individuele uitslae vir hierdie rondte gepubliseer nie. Die spanuitslae het egter soos ...

Cape Co-Ed Fees

Ter voorbereiding vir die 2026-hokkieseisoen het ons o.16- en o.19 seuns- en dogtershokkiespanne aan die Cape Co-Ed Hokkiefees deelgeneem. Die leerders het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en deurgaans goeie sportmansgees tot die einde ...

Redenaars redeneer dat die spoeg spat!

Baie geluk aan al ons sprekers wat die 9de Maart aan ons interne redenaarskompetisie deelgeneem het. Hier volg die uitslae: Juniors: Voorbereid 1ste Karu Rademeyer 2de Leah Lindeque 3de Elisabet Marais   Seniors: Voorbereid 1ste ...

Swem: Donderdag 26 Februarie

Donderdag, 26 Februarie, het ons swemspanne deelgeneem aan ’n tussenhoërskool-gala by Grootte Schuur. Die deelnemende skole was Pinelands, Vishoek, Bishops, Grootte Schuur, Herzlia, Jan van Riebeeck en die Duitse Skool. Uitslae Die seunspan ...

JanKuns werkswinkel: 25 Februarie 2026

Leerders het op 25 Februarie die JanKuns-klubwerkswinkel vir die 1ste kwartaal geniet. As deel van die Culemborg Market Square (1652, 1952, 2027) se artistieke navorsingsprojek het Brent Dahl en Jonathan Tang die kunswerkswinkel vir die ...

Paassangdiens in Tamboerskloof NG-kerk

Die Hoërskool Jan van Riebeeck Skoolkoor en enkele soliste van die Welgemeend Skool vir Musiek neem op Sondagoggend, 22 Maart, om 10:00, deel aan 'n Paassangdiens by die Tamboerskloof NG-kerk. Ons nooi u hartlik uit om die gees van Paasfees by ...

Fietsry: Kaapstad Fietstoer

Op Sondag, 8 Maart, gaan Altus van Niekerk, Cara Swanepoel en Johan Symington die vol lengte Kaapstad Fietstoer ry. Werner Seraphim gaan die 42km aanpak. Ons wil hulle en ook al die ander ouers en lede van die Jan van Riebeeck gemeenskap wat ...
Hokkie:Binnehuis dogters

Hokkie:Binnehuis dogters

Ons binnehuisdogtershokkiespan het hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit met ’n puik 3–0-oorwinning oor St Cyprians se negende span. Die dogters het vyf uit hul ses wedstryde gewen in die liga en sal volgende jaar in ’n hoër liga deelneem. Sewe ...

Pannekoekverkope: 6 Maart 2026

Op Vrydag, 6 Maart, gedurende 1ste pouse verkoop die graad 12's heerlike varsgebakte pannekoek in die Rooiplein om ekstra fondse in te samel vir die graadkampe. R10 vir 1 kaneelsuiker R25 vir 3 kaneelsuiker R40 vir 5 kaneelsuiker ...

Oefentye vir wintersportkodes

Baie van ons leerders is tans besig om hul somersportseisoen af te sluit en geleidelik oor te skuif na die winterkodes. Ons wil graag beklemtoon dat somerkodes steeds voorkeur geniet tot alle verpligtinge, wedstryde en galas volledig afgehandel ...
X