Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:

Ons wil graag alle graad 8 en 9-ouers/voogde herinner aan ons twee belangrike aanlyn intervensie programme wat die skool aanbied, naamlik Reflective Learning vir Wiskunde en EyeBrainGym vir leesbegrip. Alhoewel daar ‘n enkel periode in ‘n ...
Die WKOD het 'n nuwe stelsel geïmplimenteer waar alle leerders se handboeke aan die begin van elke kwartaal nagegaan moet word. Leerders moet asseblief verseker dat hulle gedurende die eerste week van kwartaal 2 al hul handboeke by die skool ...

JanKUNS-leerlinge was op 'n opwindende gallery uitstappie by Everard Read en CIRCA gallery op Woensdag, 26 Maart. Die leerlinge het die kans gehad om die solo uitstallings van kunstenaars Sanelle Agenbach en Tafadzwa Tega te sien.

Kom aanskou ons pragtige matrieks soos hulle aankom vir hul spesiale aand! Kaartjies is op Karri beskikbaar en daar sal ook betaal punte by die toegangshek wees. Let asseblief op dat die parkeer area vir die aand afgesper word. Matriekouers ...
Algemene inligting (gr. 8 -12)
Datum: 26 Maart 2025 (slegs gr. 12 ook 25 Maart)
Drag: MBK klere
Tyd 7:35 – 13:00
Verloop van dag
Register / rye
Algemene kennis
Spreker
POUSE
Graad aktiwiteite
Elke leerder ontvang ’n ...
Neem asb. kennis van die reëlings vir die laaste skoolweek - dit is baie belangrik dat alle leerders getrou skool bywoon!
Maandag, 24 Maart
Merietesaalbyeenkoms (alle leerders ontvang merietesertifikate vir 2024-deelname) & ...

Stel jy belang in 'public speaking'? Dit is die Engelse weergawe van redenaars en bied vir leerders 'n platform om hul praatvaardighede en selfvertroue in Engels te verskerp. Om jouself goed oor te dra en met selfvertroue voor 'n gehoor te kan ...
Baie geluk, aan ons bekkige redenaars wat op die 10de Maart 'n hond uit 'n bos gepraat het!
Hiermee volg die uitslae van vanjaar se redenaarskompetisie:
Juniors (voorbereid):
1ste: Isabella Marais
2de: Karu Rademeyer
Juniors ...
Erekleure baadjies kan vanaf 20 Maart afgehaal word. Die kinders se name sal vanaf die 13 Maart op Karri wees, ouers kan betaal, en die 20ste met bewys van betaling baadjies kom afhaal.
Ons het alreeds talle inskrywings ontvang vir die Olimpiade vir Rekeningkunde, Besigheidstudies en/of Ekonomie. Die spesiale afslagprys is ongelukkig nou verby. Leerders kan al drie komponente of slegs twee of een skryf en die koste beloop ...
Met die laaste somerwedstryde en galas wat nou afgehandel word, is ons opgewonde om ons wintersportseisoen af te skop! Rugby en netbal begin sterk met deelname aan die Zebrafees in Piketberg oor twee weke, terwyl ons hokkiespanne voorberei vir ...
100 van ons Jan van Riebeeckers het ingeskryf vir hierdie landswye olimpiade. Dis fantasties!
Datum: 13 Maart 2025
Tyd: 12:30 - 14:30
Plek: Saal