Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Die onderstaande graad 8 en 9 -leerders lê op Donderdag, 7 September 2023, na skool hul ATKV-Junior Afrikaans Olimpiade in die IT-klas af.
Graad 8
S. Bojé
D. Buitendag
S. Burger
A. Dawes
H. Greeff
A. Griesel
C. ...
'n Gesellige, sonnige middag op Welgemeend se stoep saam met ons leiers - wat meer kan ons vra!
Mnr. Rademeyer het die 2023-leiers gemotiveer om voort te bou op vanjaar se suksesse en om ook met dankbaarheid terug te kyk na foute waaruit ...
Ons 1ste rugbyspan neem die komende naweek aan die Villagers 7's-toernooi deel.
Die toernooi vind al vir 52 jaar by Villagers-rugbyklub plaas. Ons sê baie dankie aan Villagersr-rugbyklub wat die geleentheid vir ons kinders moontlik maak ...
Hoërskool Jan van Riebeeck bied op Saterdag, 23 September 2023 die Plezier Markt by ons skool aan. Die Plezier Markt gaan oor die viering van die verskillende kos en kulture binne Kaapstad se stadskom. Kom geniet 'n reeks stalletjies en ...
Ons spanne het Donderdag 15 Augustus by die skool teen Fish Hoek High School aan netbalwedstryde deelgeneem. Die uitslae is soos volg:
o.14A verloor 5 - 21
o.14B verloor 7 -15
o.14C verloor 6-9
o.15A verloor 20-23
o.15B gelykop ...
Wathint'Abafazi, Wathint'Imbokodo' (you strike the woman, you strike the rock)- Vrydag, 25 Augustus, te Cape Sun Hotel.Watter voorreg was dit vir ons leerders om uitgenooi te word en deel te vorm van Robben Island Museum (RIM) se jaarlikse ...
Vrydagoggend, 25 Augustus is ons dogters by ontbyt met 'n verrassing begroet:, 'n leë eetsaal sonder 'n enkele stoel. Die matriekdogters het besluit op 'n nalatenskap vir 40 Days. Hulle het al die stoele verwyder en oral "sticky" notas gelos ...
Jan van Riebeeck se 1ste dogters-tafeltennisspan dring deur na die finale rondte in die tweede liga van die Noordelike Metropool Skoleliga en spook sake uit teen Brackenfell se 2de span vir die goue medalje. Ons dogters speel die tafels aan die ...
Ons is opgewonde oor die naweek van 7- 9 September wanneer ons o.17-hokkiespanne, seuns en dogters, asook die o.15- en o.17-rugbyspan deelneem aan die Marius Schoeman-toernooi. Die beste sportspanne in die land ding teen mekaar mee. Die ...
Die twee beste atletiekskole in hul verskeie sones gaan die seisoen teen mekaar afskop in 4 verskillende minibyeenkomste, sowel as 'n aanlyn-worpbyeenkoms. Ons eerste minibyeenkoms vir worpe en spronge vind Dinsdag, 12 September by Hoërskool ...
Ons o.19 A-span speel 'n tawwe wedstryd teen 'n indrukwekkende span van Bernadino Heights en met 'n paar gemiste doelgeleenthede verloor ons uiteindelik 1 - 0. Ons leerders se spel was 'n toonbeeld van goeie hokkie en hulle het gespog met ...
Let asseblief daarop dat die in-klas assessering, die sogenaamde 'Literature Project', vir Engels Huistaal grade 10 en 11 geskuif word na Woensdag, 30 Augustus.