Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:

Kyk gerus na ons bemarkingsvideo!
https://www.youtube.com/watch?v=LQuow3l9w6U

Die leierskapskemerkelkie van 2020 was ‘n heerlike geleentheid vir die skool se leiers om bymekaar te kom, mekaar beter te leer ken en saam te droom. Die Matriekraad se leuse, LEGO, is bespreek uit die oogpunt van die verteenwoordigers van elke ...

Mnr Geruan Geldenhuys is 'n wonderlike ambassadeur vir ons skool. Luister gerus by die onderstaande skakel na 'n onderhoud wat hy op Perron FM gevoer het en gaan deel dit op jou muur!
https://www.youtube.com/watch?v=jUcOaSmZU9o

Die voorseisoenoefeninge het reeds hierdie week afgeskop. Ons probeer oefeninge afwissel met lekker interessante roetes! Ons daag alle Jan van Riebeeckers uit om hierdie jaar hulle hardlooptekkies aan te trek en te beweeg. Alle ervare en ...

Ons skoolhoof, mnr André Franken, tree einde Maart uit die onderwys. Deel gerus die advertensie met enige belangstellendes en potensiële kandidate.

Ons is dringend opsoek 'n afrigter vir ons eerste span. Het jy dalk ervaring of ken jy iemand wat kan help? Loer hier vir meer inligting.

Noudat die atletiek en Valentynsbal verby is, moedig ons leerders aan om van die Intervensieklasse gebruik te maak indien nodig. Kliek hier vir die eerste kwartaal se rooster.

Baie geluk aan Liezel Snijders (graad 8), Layla Erasmus (graad 8), Mia Holmes (graad 10) en Peet Karsten (graad 8) met hulle verkiesing tot die VRL. Ons hoop hulle gaan die termyn geniet!

Woon gerus ons Opedag op 25 Februarie 2020 by. Als wat jy nodig het om te weet oms ons jou #1 keuse te maak!

Alma Nel, dramaturg en regisseur, het vir twee naweke in 'n ry 'n slypskool oor die skryf van dramatekste aangebied en die leerders het die ervaring as volg beskryf: "DIS nou opvoeding/ Precious/ Life changing / Superpassievol."
Ons hoop om ...

Vyf leerders het begin Februarie aan die Highgate Interprovinsiale Tweekampkompetisie op Oudtshoorn vir die WP-span deelgeneem.
Daniël Wiese het skitterend presteer en het derde geëindig in 'n baie sterk o.19-groep. Braam van der Vyver en ...

Dit is met groot opwinding dat Jan van Riebeeck kan aankondig dat ons hierdie jaar met 'n splinternuwe buitemuurse musiekskool begin! Die langtermyndoelwit is om 'n simfonieseorkes by die skool te skep wat 'n gevestigde kulturele entiteit van ...