Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

ATKV-Debat: Deelnemerskursus

Die ATKV bied op Saterdag 24 Februarie ʼn deelnemerskursus vir debatdeelnemers en ouers aan. Alle graad 8's en 9's wat vanjaar aan ATKV-debat gaan deelneem en nog nie die kursus bygewoon het nie, word sterk aangeraai om hierdie geleentheid te ...

Omgeebroodjies: Matriekraad en VRL-projek

Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun. Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham ...

Koshuisnuus: Huis Jordaan

Ons nuwe inwoners en veral ons graad 8-leerders het gou ingeskakel en daar heers tans ‘n heerlike atmosfeer in ons koshuis. Ons dogterskoshuis is vanjaar propvol en dit is die lekkerste gevoel! Die Gees was merkbaar by die eerste ...

Valentynsdag Sivvies: 14 Februarie

Komende Valentynsdag wil die Jan van Riebeeckers graag baie mense se dag ophelder by Monte Rosa aftree oord . Die Sosiaal-maatskaplike portefeulje van die matriekraad  vra  dat alle leerders Woensdag asseblief blomme bring en inruil kan hulle ...

VRL Opleidingsmiddag, Dinsdag: 13 Februarie

Die opleidingsmiddag vir alle graad 9 -12 VRL-lede word komende Dinsdag deur ons hoofleiers aangebied. Dit is altyd ‘n leersame en prettige gebeurtenis.  Dit is vanaf 14:15 – 15:45. Daar sal ligte verversings na die tyd in Café Jan geniet word. ...

Graad 8-Houtjies Amazing Race: 14 Februarie

Die matriekraad en matriekkomitee  het weereens ‘n heerlike resies beplan vir volgende Woensdag, 14 Februarie. Dit is ‘n baie prestige tradisie en vind altyd plaas in die week nadat graad 8’s aanvaar is en ook hulle baadjies ontvang het. Lekker ...

Krieket: Interhuis

Op Woensdag, 7 Febuarie, het ons afgesluit met die interhuis kriekettoernooi. Dit was ‘n 6-a-side toernooi waar elke huis die geleentheid gehad het om teen mekaar te speel Daar was ‘n junior- en seniorspan per huis groep. Die fokus van die ...

Tennis

Wedstryde​ Ons tennisseisoen het verlede week met mag en mening afgeskop. Ons seuns het teen Rondebosch gespeel en het ongelukkig verloor. Die gr.8's wat vir die eerste keer in die span gespeel het, het hulle wel goed van hul taak gekwyt en ...

Atlete ‘Vlieg’ by affies

Jan van Riebeeck se top 20-atlete het die afgelope naweek by Afrikaans Hoër Seunsskool (Affies) se uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem . Die byeenkoms het by die geskiedkundige Pilditch-stadion in Pretoria plaasgevind . Ons atlete het gesamentlik ...

Swemuitslae: Interhuisgala

Ons wens Reijger geluk met die wen van die swemgala.  Hulle het De Goede Hoop met twee punte verslaan in ons interhuisgala. Baie geluk aan die volgende leerders wat Victrix- en Victor ludorums ontvang het: o.14 Carmen Barnard o.16 ...

Bergfiets

'n Groep skole in die Suidelike-voorstede, onder andere Hoërskool Jan van Riebeeck, het einde verlede jaar besluit om saam 'n bergfietsliga te stig.  Die doel was om belangstellende skole twee of meer keer per kwartaal teen mekaar te laat ...

Foto-bestellings

Individuele foto's asook prysuitdeling-foto's (Graad 8-11 van 2023) kan vanaf Maandag, 12 Februarie, op die Karri-toep bestel word. Volg die skakel vir 'n voorbeeld van die verskillende foto-pakkette wat beskikbaar is. A4-pakkette kos ...
X