Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
SchoolsLoyaltyLink befonds die openbare voordeelorganisasie, Teachers without Borders, wat gratis, digitaal aflaaibare handboeke van 800 bladsye beskikbaar stel vir die NSS-kurrikulum, saamgestel deur UCT. Hierdie handboeke en ...
Het jy geweet dat jou kos jou gedurende 'n toetsreek kan help? PVM het vir ons leerders 'n dokument saamgestel met inligting oor kosse wat hulle kan help met fokus gedurende die toetsreeks. Hierdie dokument sluit idees vir maaltye asook ...

Ons skool het die wonderlike voorreg om op 20 September 2025 saam met oudleerder, Laurika Rauch, tydens dié trefferkonsert by die DHL-stadion in 'n massakoor op te tree. Dit is ook Laurika Rauch se heel laaste optrede ooit!
Ons het 150 ...
Hoërskool Jan van Riebeeck beplan om vanjaar nog 1 uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Stella Malan in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie ...
Ons nooi al ons graad 8- en 9-leerders uit om deel te neem aan die SANGO Junior Geografie Olimpiade op 16 September 2025.
Formaat: Aanlyn meerkeuse-toets (2 ure) wat by die skool op ‘n rekenaar geskryf word.
Koste: R60 per leerder ...

Nege skoolkore vier Taalmonument se 50ste op hoë noot.
Ná ’n paar jaar se stilte keer die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se geliefde skoolkoorfees terug na Paarlberg. Op DONDERDAG, 2 OKTOBER 2025, gaan nege talentvolle kore van agt ...
Ons Jan van Riebeeckers in graad 8 EN 9 skryf eerskomende Woensdag, 3 September die nasionale Afrikaans-olimpiade.
Leerders moet asseblief om 14:20 in die skoolsaal aanmeld. Hul behoort teen 16:30 klaar te wees, maar hul mag verdaag sodra ...
Leierskapverkiesing vir 2026 geskied op Donderdag, 4 September 2025. Die verkiesing sal in die rekenaarlokale op Teams geskied. Elke leerder moet seker maak dat hulle by hul graadgroep in Teams kan inkom voor Woensdagmiddag, 3 September 2025. ...

Om ‘n merkwaardige 217 JAAR te vier, hou die SA Kinderhuis 'n spesiale Raffle met ongelooflike pryse!!!
Elke Raffle kaartjie kos net R217, 'n simboliese verwysing na 217 jaar van liefde en sorg vir ons kinders.
🎊 HOE OM TE WEN 🎊
Skryf ...
Graad 9-leerders wat nog nie hul NW-projek voltooi het nie, moet asseblief op Donderdag, 28 Augustus, om 14:20 by mev. Bezuidenhout se klaskamer aanmeld om die projek te voltooi.
Die graad 12, Visuele Kunste, praktiese eindeksamen datums is as volg:
Maandag, 22 September van 8:00-14:30
Dinsdag, 23 September van 8:00-14:30
Erfenisdag
Donderdag, 25 September van 8:00-14:30
Vrydag, 26 September van ...

Baie geluk aan die volgende Hoërskool Jan van Riebeeck-leerders wat gekies is vir die Tafelberg Sone-landloopspan wat op Saterdag, 16 Augustus 2025 gaan deelneem aan die Cape Metro Schools & Western Province Athletics ...