Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Interskole debat- 18 Augustus 2023

Die Jan van Riebeeck debatspanne het in 'n tawwe stryd gelykop gespeel met die spanne van Dirkie Uys. Die Juniors moes die knie buig, maar ons Seniors het Dirkie Uys gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Die onderwerpe was uitdagend en het ...

Graad 9 – Ouerinligting

Kliek hier vir die brief wat alle gr.9-ouers / voogde moet lees rakende die vakkeuse-inligtingsessie op Woensdag, 30 Augustus 2023, asook die Psigometriese toetse wat deur alle graad 9 leerders afgelê moet word. Ons vra dat ouers / voogde die ...

Gasvryheidstudies Vakdag

Die gr. 9's het Dinsdag, 8 Augustus, die geleentheid gehad om meer oor die wetenskap van kosmaak te leer tydens die Gasvryheidstudies Vakdag. Elkeen kon ook deel in heerlike gebakte Hertsoggies en Suurlemoenskyfies. Ons hoop hierdeur dat ...

Kongres: Trauma-ingeligte klaskamer en skoolkultuur

Die skep van 'n trauma-ingeligte klaskamer en -skoolkultuur: kongres vir Hoërskool Onderwysers het Saterdag, 5 Augustus, by die Arts Cape plasgevind. Groot dank aan ons WKOD Metro sentrale kantoor vir die uitnodiging om die waardevolle ...

UCT Irma Stern Museum-uitstalling

Die WKOD het gedurende kwartaal 2 'n kunsprojek vir alle Graad 11-leerders, wat Visuele kuns en/of Ontwerp as vak neem, geloods. Die projek word in samewerking met die UCT Irma Stern Museum aangebied. Alle leerders se werke word digitaal ...

Huis Jordaan uitstappie

Dogters en personeel van Huis Jordaan het Sondag, 30 Julie, die nuwe Barbie Fliek gaan kyk. Die "op dress" was pret en die boodskap was gepas. Die uitstappie was in goeie gees geniet. Die opwinding vir die Winterbal loop nou eers hoog.

Matriekraad vasvrae- aand, 3 Augustus 2023

Donderdagaand, 3 Augustus, het ons Akademiese Portefeulje ons jaarlikse Vasvra-aand gehou - en was dit opwindend! Die aand het begin met ‘n ysbreeker Kahoot waar Luca Zulch en Carla Snijders (beide graad 9) se span,Flinkdinkers, voorgeloop ...

UK Wiskundekompetisie rondte 2

Drie pare van ons leerders wat vir die UK Wiskundekompetisie ingeskryf het is deur na die tweede rondte. Baie geluk aan hierdie leerders. Ons sien uit om julle vordering dop te hou.
X