Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Om te gee, is in ons bloed!
Almal wat ouer as 16 jaar is (ouers ingesluit) is welkom om die grootste geskenk te kom gee. Op Maandag, 23 Oktober vanaf 10:30-14:30 kan almal in die skoolsaal kom bloedskenk. Onthou om ‘n groot ontbyt te eet die ...
Die skoolkoor oefen Maandagmiddag om 14:15 tot 16:00. Hierdie is 'n baie belangrike repetisie vir alle leerders, omdat dit die finale voorbereiding vir ExtravaJANza is.
Altus van Niekerk het tydens die Septembervakansie aan die SA-parkourkompetisie in Rivonia, Johannesburg, deelgeneem. Altus behaal die eerste plek in sy afdeling: Vlak 6:13-14 jaar.
Sy uitslae is as volg:
Freestyle: 27 sekondes (1ste ...
Wat ‘n voorreg om vir oulaas as Huis Jordaan-familie saam te kuier in die Welgemeend en dié ongelooflike jaar af te sluit voor ons matrieks met eksamen begin. Die verrigtinge was eg tradisioneel, stylvol en een om te onthou. Huis Jordaan is ...
Peet het gedurende die vakansie aan die Cape Town Grand Prix TSA toernooi deelgeneem in die mansafdeling. Hy wen al sy 4 wedstryde en die algehele mansafdeling deur sy opponent in die finaal te klop 7-5, 6-4.
Die manne van Huis Van der Merwe het Woensdag middag die perfekte aand gekies om bietjie touchrugby te speel terwyl daar ook gebraai is. 'n Heerlike manier om die kwartaal af te sluit. Die roggies het self voor gevat, gereël, vure aangesteek ...
Ons maak gewoonlik die uitslae van kompetisies waaraan deelgeneem word bekend, maar bergfietsry is veel meer as net die kompetisies, dis amper 'n lewenstyl by Hoërskool Jan van Riebeeck. Elke Dinsdagmiddag en sommige Donderdae geniet ons die ...
Leerders se rapporte is vroeër vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur. Baie geluk met die leerders se puik prestasie. Ons is werklik trots op uitstaande uitslae die afgelope kwartaal.
Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis ...
Op Saterdag, 23 Septemer, het verskeie van ons atlete aan die Fairmont/UWC Top 15 atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hier volg hul uitslae:
Dogters o.14
Helene Greeff
200m: 15de uit 21
400m: 11de uit 16
Erica Marais
...
Daar was ʼn botsing in die kalender, die Debatwerkswinkel vir deelnemers en beoordelaars word nou op Saterdag 21 Oktober 2023 steeds by Hoërskool Bellville aangebied. Betaal die inskrywingsfooi op Karri om jou plek te ...
Baie geluk aan die volgende leerders wat deelgeneem het aan die tweede ronde van die Proverto Olimpiade op 2 Augustus 2023:
Graad 10 - Anja Liebenberg vir Besigheidstudies.
Graad 11 - Toby de Ruiter, Layla Eramus en Mia Nortje vir ...
Cuthanzario Winter was 'n lid van die WP-span in die Western Cape u16 Rapid Champions wat op 23 September 2023 plaasgevind het. Die span het uit 10 mense bestaan en het gewen. Die WP-span is dus nou die Western Cape u.16 Rapid Champions vir ...