Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Swemuitslae: 1 Februarie

Hoërskool Jan van Riebeeck het Donderdag, 1 Februarie, by Springfield Convent deelgeneem.  Die kompetisie was straf teen Reddam, Rondebosch, SACS, Rustenberg en Springfield. Kianna-Gro Liversage en Mienke Herbst kon elk daarin slaag om tweede ...

Gevorderde swemlesse

Daar is Vrydae vanaf 2 Februarie, 14:30 – 15:15 ekstra lesse vir gevorderde swemmers. Kostes beloop R150 per persoon – 48 uur kansellasie periode. Ouers moet per e-pos bevestig en registreer by cheyns@live.co.za Beginners kan ook vir ...

#JanTEGNIES opleiding

Op Vrydag, 9 Februarie, en Saterdag,10 Februarie, is alle bestaande en nuwe lede welkom om die #JanTegniesopleiding by te woon. Alle belangstellende lede moet hul name vir Mnr. Jacques van der Westhuizen ...

Krieket: Interhuis

Die drie huise het mekaar op 30 & 31 Januarie in die interhuis kriekettoernooi uitgedaag. Na goeie spel sal De Goede Hoop en Reijger mekaar die stryd aansê in die finaal wat Woensdag,7 Februarie om 14:45 op die Buysveld plaasvind.

Tennisuitslae: 1 Februarie

Ons seuns het Donderdag, 1 Februarie, teen Rondebosch gespeel, maar moes ongelukkig die knie buig teen die opponent. Die gr.8's se spel was wel indrukwekkend - mooi so, manne!  Ons dogters speel vanmiddag teen Springfield (tuis). Volgende ...

Cambridge

Alle Graad 9 en 10 ouers het gister 'n brief ontvang rondom die skool se Cambridge-program. Indien u kind belangstel om van die skool se aanbod gebruik te maak, word u uitgenooi om die inligtingsaand op Woensdag, 7 Februarie 2024, by te ...

Koorkamp: 9-11 Februarie

Ons is opgewonde om by die pragtige Apostles Battery-kampterrein bo Llandudno ons 2024-kamp te hou.  Dit duur vanaf Vrydag, 9 Februarie, tot Sondagoggend, 11 Februarie. Dit gaan 'n verrykende en genotvolle ervaring wees vir almal betrokke, met ...

SAMF-Wiskundeolimpiade

Ronde een vind plaas op 14 Maart 2024 en alle graad 8 - 12 Wiskunde leerders kan deelneem. Ons wil weer vanjaar graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Verlede jaar het 123 leerders ...

Kreetoefentye

Die skool is hard aan die werk vir die voorbereiding vir Super 6-atletiekdag wat op Woensdag, 21 Februarie 2024, by Coetzenburg, Stellenbosch, plaasvind. Die kreetoefening vind sekere dae van die week plaas. Op die dae wat die kreetoefening ...

GRAAD 9-12 PRYSWENNERS

Alle graad 9-12 leerders wat kleure, erekleure of spesiale erekleure by die 2023 graad 8-11 prysuitdeling ontvang het en hul dasse en baadjies by die klerewinkel wil bestel, kan vanaf Maandag 5 Februarie 'n brief by mev. Nimmo kom afhaal. ...

Atletiekinterhuis, 19 Januarie 2025

Hier volg die Atletiek Interhuisuitslae - baie geluk aan al ons deelnemers en dankie aan al ons ondersteuners. Beste prestasies oor 5 items (Foto 1) Senior Victor Ludorum: Nehemia Rosen Senior Victrix Ludorum: Scarlett vd Merwe ...

POORT-Skryfkompetisie

Jan van Riebeeck nooi vanjaar weer sy leerders uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie. Hierdie kompetisie is ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die kompetisie wil skeppende talent onder ...
X