Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Ons het slegs een nominasie ontvang vir die ouerverteenwoordigerposisie wat tans in die beheerliggaam bestaan en daarom sal daar nie ’n tussentydse verkiesing plaasvind nie.
Baie geluk aan mnr. Merwe Scholtz wat die nuwe ouerverteenwoordiger ...
Die skoolwinkel sal vanaf Maandag, 20 Oktober, gesluit wees ter voorbereiding vir die 2026 graad 8-afsprake. Indien u dringend ’n item wil aankoop, kan u vir Sanette of Roelene kontak om reëlings te tref vir die afhaal daarvan nadat u betaling ...
Volg die skakel vir die November 2025 eksamenrooster:https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/10/November-eksamen-2025.pdf
Alle leerders wat verlede kwartaal om geldige redes die die vraestel 3-eksamens in Afrikaans en/of Engels aan die einde van die derde kwartaal misgeloop het, het ’n geleentheid om hierdie vraestel(le) te skryf op Vrydag, 24 Oktober en/of ...
Ons tel opgewonde die dae af na ons ongelooflike markdag! Hierdie jaar gaan ons elke graad nóg meer betrek om deel van die dag te wees en om saam te werk om die dag 'n groot sukses te maak. Elke graad sal verantwoordelik wees vir 'n stalletjie, ...
Na vele nadenke is daar besluit om met die derde voorgestelde vakkeusegroepe vir 2026 voort te gaan. Dit lyk asof hierdie kombinasie vir die meeste van ons leerders gaan werk. Daar is ongelukkig nooit 'n perfekte kombinasie nie en sommige ...
Dit spyt my om u mee te deel dat ons huidige beheerliggaamvoorsitter, mnr. Kees Snijders, die besluit geneem het om te bedank. Ek respekteer egter sy besluit ten volle en wil hom graag namens die hele skoolgemeenskap bedank vir die ongelooflike ...

Die Somer is hier - Dis tyd om te sokkie! Die Graad 10-groep bied aan: SON, SEE, SAND ... SKUIM!!
Jip, jy't reg gehoor -SKUIMsokkie!
Merk die datum: 23 Oktober 2025
Tyd: 18:00-22:00
Drag: Strand "cover-up"
Kaartjies NOU beskikbaar ...

Is jy ’n voorsêer met sêgoed? Is jy gekonfyt in Afrikaanse gesegdes, idiome, spreekwoorde en vergelykings?
ATKV-Digi-Idiome gee jou die geleentheid om jou kennis van Afrikaans se beste sêgoed in ’n prettige speletjiesformaat ten toon te ...

#JanTeater bied aan ons leerders en hele skoolgemeenskap die geleentheid om die baie gewilde Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat by Theatre on the Bay (in Kampsbaai) te gaan kyk wanneer Pieter Toerien & LAMTA vir ’n tweede seisoen ...
Hier volg die program vir laaste week (29 September tot 3 Oktober) vir die kwartaal:
Graad 12:
Maandag - Puntekontrole - Dag 1 (Musiekleerders word onttrek vir Eksamen)
Dinsdag tot Donderdag - Lenteskool volgens aangehegte ...

Van ’n kraakvetjie op die kole tot ’n sappige steak of ’n geurige sosatie – ons het dit vir jou!
Oudleerder Albie Carstens en ons vriende van Cartol het 2 unieke braaipakke vir ons saamgestel om fondse vir die 2026 wintertoere in te ...