Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Die skoolkoor van 2023 is baie opgewonde om volgende week 'n musiekvideo van hulle Suid-Afrika Keurspel op te neem. Gedurende die opname gaan die leerders op een van die stad se City Sightseeing busse rondgeneem word, saam met 'n professionele ...
Na 'n suksesvolle 2023 kan ons net nog groter gaan in 2024. Ons sportkodes se getalle klim jaarliks en ons is opsoek na dinamiese afrigters om by ons span van huidige gespesialiseerde afrigters te kom aansluit.
Raak deel van 'n wenspan in ...
Scarlett van der Merwe het die afgelope naweek fantasties presteer by Atletiek Suid-Afrika se landloop klub-kampioenskappe wat in PE plaasgevind het. Sy hardloop 'n blitsige 4km en help ook die WP span om 'n brons medalje te verower in die ...
Daar word op 14 Oktober twee debatwerkswinkels vir deelnemers en beoordelaars by die Hoërskool Bellville (De La Hayelaan Bellville) onder leiding van die ATKV aangebied.
Die werkswinkel het ten doel om voornemende debatteerders en spanne te ...
As deel van ons Geskiedenis vakdag het ons vanjaar op 15 September 'n Kahoot! vasvra gehou. Die vrae het gefokus op algemene kennis oor Suid-Afrikaanse kwessies. Leerders het individueel deelgeneem en moes 20 algemene kennis vrae oor ...
Wat is 'n skool sonder 'n Huis Jordaan-dogterskoshuis? Beslis baie vervelig en sonder enige opwinding! Huis Jordaan is amper drie kwartale al die spesiale tuiste van ons graad 8-koshuissoppies . SOP! SOP!
Daarom het ons koshuismatrieks ...
Koshuis-uitnaweek 20 - 21 Oktober 2023
Alle Juniors (graad 8 - 9) word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die HOZA Geskiedenis-olimpiade. Dit is 'n aanlyn olimpiade wat op 17 Oktober by die skool sal plaasvind. Die koste beloop R50 per inskrywing en kan op Karri betaal word. Die ...
Ons nuwe leiers het Donderdag, 7 September, koppe bymekaargesit en die rol van 'n leier, die ware betekenis van leierskap en eienskappe van 'n goeie leier bespreek.
Portefeuljes is uitgepak en daar is begin met beplanning aan 'n splinternuwe ...
Op Saterdag, 9 September, het die o.17 Netbalspan aan die Wes-Kaapse Fast 5-kampioenskap deelgeneem en die dag as kampoene weggestap!
Gedurende sommige van die poelwedstryde het 'n paar toeskouer amper hul naels verloor agv die spanning. ...
Ons o.15- en o.17-netbalspanne het op Saterdag, 2 September, aan die CTHSN (WP)-ronde van die Fast 5-netbaltoernooi deelgeneem. Die spanne moes die oggend om 7:15 by Hoërskool Durbanville vir die dag se verrigtinge aanmeld. Ons spanne se eerste ...
Op Donderdag, 31 Augustus, het die graad 12-gasvryheidstudieklas 'n heerlike afsluitingsuitstappie na Stellenbosch gehad. Die leerders het die geleentheid gekry om 'n wonderlike eetervaring by The Table @ da Maje Restaurant te geniet. ...