Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Musiekinligtingsaand: 5 Februarie

Alle ouers van leerlinge wat individuele musieklesse by Welgemeend of as deel van hul skoolprogram doen, word uitgenooi na 'n inligtingsaand op Woensdagaand, 5 Februarie, om 18:00 in die skoolsaal. Ons gebruik hierdie geleentheid, wat nie ...
JVR-sport neem ‘n groot stap vorentoe!

JVR-sport neem ‘n groot stap vorentoe!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Hoërskool Jan van Riebeeck ‘n semi-borgskap met PVM Nutrition aangegaan het! Dit beteken dat ons leerders en hul ouers nou 17.5% afslag op PVM-produkte ontvang wanneer dit deur hul aanlyn platform bestel ...

Redenaars: Skryfwerkswinkel

Moenie verder kopkrap oor HOE om 'n toespraak te skryf nie - Die ATKV kom tot u redding met 'n opwindende opleidingsgeleentheid. Kom kry die nodige hulp en gereedskap deur te registreer vir die virtuele sessie wat op 1 Februarie (08:00- ...

Graad 10 & 11 pryswenners

Alle graad 10 en 11-leerders wat kleure, erekleure, spesiale erekleure of 'n spesiale toekenning by die prysuitdeling ontvang het en hul dasse en baadjies by die klerewinkel wil bestel, kan vanaf Maandag 3 Februarie 'n brief by mev. Nimmo kom ...

Bloedskenk : Donderdag, 20 Februarie 2025

Ouers en leerders vanaf 16 jaar oud word hartlik uitgenooi om ook saam te kom bloedskenk op Donderdag, 20 Februarie 2025. Plek Skoolsaal Tyd 10:00 – 14:00 Leerders wat EERSTE skenkers is, moet asb. ‘n vorm by mev. Turkstra kry wat ...

Olimpiade: Afrikaans (Seniors) 2025

Alle leerders in graad 10 tot 12 word uitgenooi om aan vanjaar se nasionale Afrikaans-olimpiade, aangebied deur die ATKV, deel te neem. Die olimpiade word op Woensdag, 14 Mei 2025, hier by die skool geskryf. Inskrywings vind in die ...

Skenk NW-werkboeke aan JvR-maats

Indien daar enige graad 8's of 9's is wat hul Natuurwetenskappe-leerderboek van 2024 aan die skool wil skenk, kan hul dit gerus by me. Roelene van Loggerenberg aflewer. By voorbaat dankie!

POORT-skryfkompetisie 2025

Alle leerders wat vanjaar in graad 10 tot 12 is, kan inskryf vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se POORT-skryfkompetisie vir 2025. Leerders se werke kan gekies word om deel te vorm van die POORT-bundel. Die eerste prys ...

Kooroudisies

Let asseblief daarop dat kooroudisies Woensdag- tot Vrydagmiddag direk na skool in die groot musiekkamer sal plaasvind. Lyste sal Maandag teen eerste pouse by die groot musiekkamer se deur opgeplak wees sodat leerlinge hulle name by oudisietye ...

Matriekinligtingsaand: 20 Januarie 2025

Ons herinner graad 12-ouers en -leerders aan die matriekinligtingsaand eerskomende Maandag, 20 Januarie, om 18:00 in die skoolsaal. Belangrike inligting vir die jaar word deurgegee. Leerders woon die aand in volledige skooldrag by.
X