Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Atletiek Interhuisbyeenkoms: 27 & 28 November 2024

Die Atletiek Interhuisbyeenkoms vind op 27 en 28 November 2024 by die Boshoffveld plaas. Hier volg 'n paar algemene reëlings: Leerders neem in hul onderskeie huise se kleure deel (De Goede Hoop: wit, Drommedaris: blou, De Reijger: goud / ...

Vaarwel Matrieks 2024

MET DIE LUI VAN DIE KOPERKLOK,  GAAN MATRIEKS VAN 2024 WEER HUL OU SKOENE AGTERNA GOOI! Getrou aan die tradisie nooi ons matrieks uit om na hul laaste taal vraestel komende Maandag, 25 November, hul skoolskoene, skryfbehoeftes, sakrekenaars, ...

2025 Busdiens vir Jan van Riebeeck

Om aansoek te doen vir die busdiens van Jan van Riebeeck, kliek op die BETROKKE ROETE se skakel, vul dit in en maak seker u submit aan die einde. Sodra u dit gedoen het, sal die busdiens ontvangs erken en al die verdere nodige inligting ( ...
Atletiekklinieke

Atletiekklinieke

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Hoërskool Jan van Riebeeck 'n reeks atletiekklinieke aanbied saam met van die top atlete en afrigters in Suid-Afrika! Ons nooi enige belangstellende atlete om die reeks afrigtingsklinieke wat vir beide ...
100 vir 100-veldtog ter viering van ons Eeufees!

100 vir 100-veldtog ter viering van ons Eeufees!

In 2026 vier Hoërskool Jan van Riebeeck sy 100ste verjaarsdag – 100 jaar van uitnemendheid, trots en prestasie! In die aanloop tot ons eeufees viering, skop ons af met die 100 vir 100-veldtog. Deur deel te neem, bou jy saam aan die volgende ...
Uitstalling: Sopia van Wyk

Uitstalling: Sopia van Wyk

Ons is baie trots op een van ons onderwysers, Sophia van Wyk, met die opening van haar uitstalling, Love Default, wat op 2 November by Nirox Beeldhou Park in Krugersdorp oopgemaak het. Gaan loer gerus na haar katalogus. Die uitstalling is vanaf ...

Kontantbetalings

Ons versoek dat geen kontant vir enige skoolaangeleentheid aan enige van ons personeellede betaal word nie. Alle betalings moet asseblief slegs by me. Petula Titus by Finansies (by ontvangs) gedoen word en u sal ’n kwitansie as bewys van ...

Eksamentye – November 2024

Week 1: Maandag, 4 Nov. 13:00 Skool verdaag 13:15 Bus 1 vertrek 15:00 Bus 2 vertrek na rekke gym (13:30- 15:00) Graad 11 verdaag om 14:10. Dinsdag, 5 Nov. 13:00 Skool verdaag 13:15 Bus 1 vertrek 15:00 Bus 2 vertrek ...

Graad 11 FW Werkswinkel: Vrydag, 22 November 2024

Ouers en leerders moet asseblief daarop let dat daar 'n verpligte FW-werkswinkel sal wees op Vrydag,  22 November 2024 vanaf 08:00-12:00. Nuwe Graad 12-werk sal behandel word. Die Graad 12 kurrikulum vir FW is baie vol en veeleisend. Daarom ...
Carina Stander boekbekendstelling

Carina Stander boekbekendstelling

Hiermee word julle uitgenooi om die einde van die gewilde Bergengel-boekreeks saam met die skrywer Carina Stander te vier by Welgemeend, Saterdag 16 November. Hierdie is soveel meer as 'n boektoer, dis die afskeid van 'n era. Wink gerus julle ...

Vakansiewerk

HS Jan van Riebeeck wil graag, as deel van die verykkingsprogram, vir skoliere die geleentheid gun om betrokke te raak by die gemeenskap in die vorm van vakansiewerk. Vir baie leerders is dit hulle enigste kans om ondervinding op te doen om ...
X