Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Leerders sal Maandag, 13 November, elkeen 'n bladsy met 5 lootjies kry om teen R20 per lootjie te verkoop. Hierdie kompetisie is die laaste fondsinsamelingsprojek vir die skool. Daar is groot pryse om te wen!
Lootjies kos slegs R20 een en ...
Die eindeksamen vir graad 8 – 11 skop Maandag, 13 November, af. Die skool kom daagliks om 12:10 uit en busse vertrek om 12:25.
Behalwe op Maandag, 13 November, verdaag die leerders om 14:05 (busse vertrek 14:20) en op Maandag, 27 November, ...
CAD4ALL se opedag vind op Saterdag, 11 November 2023, plaas. Bespreek jou plek vir die opedag en staan 'n kans om pryse ter waarde van R35 000 te wen.
As argitektuur jou passie en droom is om te volg, is hierdie een van jou opsies om te ...
Peet het gekwalifiseer as een van die top 8 TSA Cape Town spelers in die mansafdeling vanjaar. Hy het gedurende die naweek, van 3-5 November, aan die Cape Town Masters deelgeneem. Soos ons al gewoond is, wen Peet ook hierdie afdeling. Ons is ...
Alle graad 9-leerders sal vanaf 2024 ’n verpligte derde taal as ’n verrykingsvak bestudeer. Die fokus sal op kommunikasie en basiese taalvaardighede wees.
U kind moet asseblief EEN opsie vir die hele jaar kies:
Frans
Duits
...
Sommige skoolmeisies mis maandeliks waardevolle ure in die skoolbanke. Ons leerders het besluit om ook 'n bietjie te help om Vrydag, 3 November, 'n ernstige veldtog te loods vir die goeie saak! Vrydag se civvies en invordering van sanitêre ...
Die Jan van Riebeeckers het puik gevaar in die FAK se jaarlikse internasionale Afrikaans-ekspo! 36 uit die 44 leerders het meer as 80% vir hul projekte behaal. Baie geluk aan Sophie Wasserman in graad 8 wat vanjaar ons toppresteerder is. Sy ...
Volg die onderskeie skakels vir die lys met die handboeke en skryfbehoeftes per graad vir 2024.
Graad 9
Graad 10
Graad 11
Graad 12
Let asseblief daarop dat u sekere handboeke self moet aankoop (aangedui in “aankoop” kolom) en ...
Op Donderdag, 9 November, se mooi somers-aand was dit weer Huis Jordaan se beurt om net so vir oulaas voor die eksamen te ontlaai!
Wie het gesê dogters kan nie vuur maak nie. Die nuwe huiskomitee het voor gevat, self slaaie gemaak en self ...
Hoërskool Jan van Riebeeck het Vrydag, 27 Oktober, deelgeneem aan die Curro Podium Byeenkoms op Dal Josephat in die Paarl. Ons eindig algeheel 7de in die gemengde skole afdeling.
Paarl Gimnasium (37 644)
Hoërskool Stellenberg (36 ...
Magies vol, ogies toe! Nie wanneer die oë met elke oogwink meer wil proe nie. Dan is die magie skielik dolleeg!
Op 25 Oktober het die Gr. 11-Gasvryheidstudente die geleentheid gehad om 'n dag te beleef wat op geen ander manier beskryf kan ...
Baie dankie aan die ouers wat terugvoering oor Snapplify gegee het. Hierdie is nog 'n leerskool vir ons almal, so enige terugvoer is baie welkom.
Net 'n paar sake:
die handboeke vir Afrikaans en Engels vir 2024 moet nog gefinaliseer ...