Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    
Trinity Rock & Pop uitslae 2025

Trinity Rock & Pop uitslae 2025

Die volgende Hoërskool Jan van Riebeeck-leerders het uitmuntende prestasies in die Trinity College Rock & Pop-eksamens behaal: Stephan Malan  Graad 5 Tromstel - Eervolle Vermelding: 85% Kai Allewell  Graad 4 Tromstel - Lof: 89% ...

Aksienetbal

Baie geluk aan drie van ons leerders wat ingesluit is in die Western Cape Coastal-netbalspanne! Bea Orffer – ingesluit in die o.19A-span Jana Olivier – ingesluit in die o.15A-span Michaan Naylor – ingesluit in die ...

Registrasiedag 2026

Op Dinsdag, 13 Januarie 2026 moet alle gr. 9 tot 12 leerders by die skool aanmeld om te registreer vir die 2026 akademiese jaar. Tydens registrasie sal leerders hul handboeke, sakboekies en roosters ontvang. Die besonderhede vir die registrasie ...

Valentynsdans 2026

"99 red balloons floating in the summer sky" ... Daar is weer liefde in die lug : Valentynsdans 2026! Merk die datum: 12 Februarie 2026 Kaartjies beloop R 120 per leerders en R 220 vir buite-metgeselle en is binnekort op Karri ...

Aksienetbalspanne 2026

Baie geluk aan drie van ons leerders wat ingesluit is in die 2026 Western Cape Coastal-netbalspanne! Bea Orffer – o.19A-span Jana Olivier – o.15A-span Michaan Naylor –  o.15B-span Ons is ongelooflik trots op julle!

Brief aan Graad 12-ouers (2026)

Geagte Graad 12-ouer/s Die tyd het nou aangebreek, en dit is amper die finale jaar.  Baie geluk! Ons aanvaar dat alle graad 12-leerders 'n ID-dokument / kaart het vir die registrasie van die Nasionale Senior Sertifikaat.  Gebruik dus die ...

2025: Graad 8-11 Prestasies buite skoolverband

Alle GRAAD 8 tot 11-leerders wat vanjaar sport of kultuur prestasies buite skoolverband behaal het in aktiwiteite wat nie by die Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied word nie, moet asseblief die onderstaande skakel teen Maandag 12 Januarie 2026 ...

Sluitkassies 2026

Alle leerders moet asseblief die sluitkassies leegmaak aan die einde van die kwartaal. Ons gaan nie nou weer KARRI-lyste laai nie. Leerders kan eerder begin 2026 direk by Nicky Hattingh bespreek, waarna ons ’n KARRI lys sal laai vir ...
JvR skitter in Bredasdorp!

JvR skitter in Bredasdorp!

Ons atlete het hul staal gewys tydens die Bredasdorp Top 10-byeenkoms. Teen die einde van die dag het Hoërskool Jan van Riebeeck 5de geëindig uit 80 spanne — ’n ongelooflike prestasie! Daarby het ons ook die afdeling vir kleiner skole (onder ...
Cuthan trap, skuif… en bring die beker huis toe!

Cuthan trap, skuif… en bring die beker huis toe!

Cuthan Winter het deel van die Connect Academy 7’s-span uitgemaak wat aan die Forward Foundation 7’s-toernooi deelgeneem het. Hier het hy skouers geskuur met van die beste 7’s-talent in die Wes-Kaap - insluitend spelers van die Blitsbokke en ...

Kwagga Top 10

Ons Hoërskool Jan van Riebeeck-atlete het weer eens hul merk gemaak met uitsonderlike vertonings by die Kwagga Top 10 Atletiekbyeenkoms! Vir die derde agtereenvolgende jaar is ons aangewys as die Beste Kleinskool . ’n Bewys van die ...

Program vir die week: 24 – 28 November

Hier volg die program vir volgende week. NB: ALLE VAKVERANDERINGE MOET VOLGENDE WEEK GEDOEN WORD. Vorms is beskikbaar by Mnr Faber. Maandag, 24 November: 10:30 Leerders skryf klaar Leerders handig ALLE uitstaande handboeke ...
X