Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Van die IT-klasse het in skooltyd die eerste rondte van die Programmeringsolimpiade op 27 en 28 Julie 2023 gedoen. Ons hou duimvas dat van ons leerders sal deurdring na die tweede rondte.
Let asseblief op die tye van die noodhulpkursus wat BLS Medical vir ons kom aanbied.
Lokaal: Mev. Turkstra se klas
Vrydag 4 Aug: 14:15 – 17:00
Saterdag 5 Aug: 08:00 – 15:30
Dankie aan almal wat hul inskrywingsfooi op Karri betaal het.
Die matrieks het Vrydag 28 Julie tydens pouse weer lekker saamgekuier op die koshuis se dakstoep. Almal het bygedra tot die heerlike sjokalade-fondue. Dit was tyd om in te haal, stories van die week uit te ruil en nuwe herinneringe te bou! Wat ...
Hoërskool Jan van Riebeeck se eerste skaakspan het Saterdag 29 Julie 2023 in die o.19-afdeling aan die Cape Town Metro Central Schools Chess-toernooi deelgeneem. Ons het gelykop teen Thandokulu gespeel en is desnieteenstaande tweede geplaas op ...
Die senior Rotary-debatspan het verlede naweek (29-30 Julie) aan die Western Cape Schools Debating Board se kampioenskap by UK deelgeneem. Ten spyte van strawwe kompetisie het hulle twee uit die vier rondtes gewen en het na die volgende rondte ...
Spreuke 31:26, " As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.’"
Die ATKV-Strepiestak nader graag die Jan van Riebeeck-gemeenskap om deel te wees van ons Vrouedag-insamelinginisiatief. Die SA-Kinderhuis is ons tak se ...
Dit is weer tyd vir JanGroen se jaarlikse spaarmark waar ons oulike tweedehandse kledingstukke teen belaglike pryse verkoop en sommer die las op Moeder Aarde verlig deur nie te vermors nie.
Bring alle kledingstukke wat jy nie meer dra nie ...
Ons 1ste spanne en sportafrigters het dié week opleiding deur Charl du Plessis ontvang oor ons nuwe rekkesisteme. Leerders het reeds twee weke gelede op Maandae begin met inleidingsklasse by dr. Sors Joubert, ons beweegkunde-spesialis. Hulle ...
Op Dinsdag 1 Augustus het Herzlia se ryers per fiets na ons bergfietsbaan toe gekom. Dit was 'n heerlike sonskyndag en die kinders het die geleetheid gate uit geniet. Johan Theunissen was eerste, Mari Swanepoel tweede en Migael Smuts derde. Die ...
Danielle Rossouw is in Kaapstad gebore en het Suid-Afrika in 2015 verlaat om in Europa te studeer. Sy het einde 2022 teruggekeer om haar musiekloopbaan hier te vestig. Danielle is tans 'n voltydse lid van die Kaapstad Filharmoniese Orkes as ...
Ons 1ste span het op Woensdag 2 Augustus tydens die NTK-uitnodigingsaand teen 'n baie sterk Hottentots-Holland van Somerset-Wes te staan gekom. Die telling was nie in ons guns nie, maar ons sal nooit die geleentheid om in die voor-hoofwedstryd ...
Ondersteun gerus Drieankerbaai Gemeente se jaarlikse veilingpoging om 18:00 op 8 Augustus. Kliek hier vir al die inligting!