Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Graadweek, 24-28 Julie 2023

Dankie aan die VRL & MR vir hierdie week se pret-inisiatief per graad. Ons leiers sal in die toekoms graag hieraan meer aandag wil gee sodat meer leerders met vrymoedigheid sal inskakel en deelneem aan die pret en malligheid. Lag, speel ...

Graad 11: werkskadu

Ons sê baie geluk aan die graad 11-leerders wat ʼn baie geslaagde werkskaduprogram gedurende die Junie-vakansie voltooi het. Die graad 11’s is aan verskillende beroepe blootgestel. Sodoende kon hulle alreeds ondervind of dié blootstelling hulle ...

Graad 12: Toerisme

Ouers word herinner daaraan dat die graad 12-Toerismeleerders hulle finale praktiese eksamen gaan aflê. Dit vind plaas op 2 en 3 Augustus gedurende skooltyd. Die hulpbronpakket is alreeds die afgelope vier periodes in die klas behandel. Geen ...

ATKV-Strepiestak presteer

Claudia Stipp het laasweek die voorreg gehad om die ATKV se kultuurkuier 2023 by te woon. Elke ATKV-tak van regoor die land het een afgevaardigde na die geleentheid gestuur en hulle het by Goudini-Spa saamgekuier. Takke kon idees met ander ...

Noodhulpkursus 4-5 Augustus 2023

Alle leerders wat betaal het vir hierdie kursus word herinner dat hulle direk na skool op Vrydag 4 Augustus 2023 in mev. Turkstra se klas bymekaarkom. Die firma wat die kursus aanbied is BLS Medical. https://blsmedical.co.za/ Tyd: Vrydag 4 Aug ...

Truie vir 2024-matrieks

Ons wil graag vanjaar weer die matriektruie vroegtydig bestel. Sodoende kry die leerders meer tyd om die truie te dra. Die wit matriektrui gaan weer soos in die verlede lyk: ‘n wit trui met knope, blou moue, die skoolwapen en MX 2024 op die rug ...

Skaak: Paarl Ope

Cuthanzario Winter het oor die afgelope naweek aan die intermediêre afdeling van die Cape Winelands Chess Open 2023 in Paarl deelgeneem. Hy behaal die 7de plek uit 57 spelers. Baie geluk, Cuthan.

Kooroefening

Die koor repeteer Maandagmiddag, 31 Julie, van 14:15 tot 16:00. Maak seker almal kom daar uit. Ons optredes by ons eie Tafelberg Koorfees is om die draai en ons moet begin met nuwe musiek aanleer met die oog op ons toer aan die einde van die kwartaal.

Jak de Priester en kore: 1 Augustus 2023

Die kore van Hoërskool en Laerskool Jan van Riebeeck gaan die gehoor met 'n verskeidenheid werke betower. Die vertoning sluit 'n optrede deur Jak de Priester in en die aand word op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n massa-kooroptrede saam met Jak. ...

Ons thrift…

Maak skoon, maak leeg en skenk vir ons Plezier Markt wat vir 23 September 2023 beplan word. Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in 'n goeie toestand is vir die skool sal skenk. Produkte wat ons ontvang sal gedurende ...
X