Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Tweede Konsert in 2024 Welgemeend Konsert Reeks
Die tweede aanbieding in vanjaar se Welgemeend Konsert Reeks vind op Woensdag 17 April om 19:00 in die Welgemeend Herehuis plaas. Die kunstenaars is albei Suid-Afrikaners met wye internasionale ...
Die groot finaal van ons swemseisoen het op Donderdag, 7 Maart by Hoërskool Vishoek plaasgevind. Agt skole, nl. Pinelands, Die Duitse Skool, Vishoek, Reddam, Elkanah, Parklands en Milnerton het vanjaar in die B-liga deelgeneem. Al die skole het ...
Ons musiekblyspel is om die draai en daar is ń paar karakters wat nog kostuums kort. Indien u dalk lus was vir kaste regpak oor die naweek - sal die musiekblyspel die volgende kledingstukke as skenking baie waardeer:
Pencil Skirts
80's ...
VivA bied vanaf 19 September tot 1 Oktober 2024 'n Taal-kuns-en-tegnologietoer aan.
Alle inligting word vervat in die aangehegte dokumentasie (inligting, termes & voorwaardes), maar die belangrikste datums is:
Daar is 50 plekke ...
Die FSA, wat in 1996 gestig is, is 'n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 - 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie 'n ...
Datum: Sondag, 17 Maart 2024
Tema: Op pad na die kruis in die voetspore van Jesus...
Tyd: 10:00
Plek: Tamboerskloof Gemeente (Bo-Uniestr 17, Tamboerskloof of op die hoek van Kloofnekweg en Upper-Union. Gebruik vir GPS: 43 Kloofnek Road)
Laas Dinsdag, 5 Maart, het die tonge behoorlik geklap toe ons sprekers raakgepraat het! Baie dankie aan elke leerder wat braaf deelgeneem het en hulle sê kom sê het. Julle het behoorlik ons ore laat spits.
Hiermee die uitslae van ons Top-3 ...
Ons rugbymanne is orals in aksie vir die volgende paar naweke. Sien hier al ons wedstrydbepalings vir Boland Landbou rugbydag, Wynberg Rugbyfees en Paul Roos Rugbyfees.
Ons hokkiedogters en -seuns gaan hulself toets teen van die bestes in die Kaap. Klik op die skakels vir ons wedstrydbepalings vir volgende naweek se Co-ed Hokkie festival.
Dogters
Seuns
Jan van Riebeeckers let asseblief op die sporttye vir volgende week. Dit is baie belangrik dat julle steeds by oefeninge uitkom om te verseker dat ons voorbereiding vir toere en feeste van uitstaande gehalte is. Dankie vir elke leerder wat ...
Ons is opgewonde oor die afskop van die rugbyseisoen. Ons eerstespan speel vir die eerste keer by die Boland Landbou Rugbydag. Alle A-Veld wedstryde word uitgesaai op Supersport Kanaal 216. B-,C- en D-veld wedstryde word gestroom via Supersport ...
'n Herinnering aan alle Graad 9 en 10 ouers dat die sluitingsdatum vir aansoeke vir die Cambridge program vandag (8 Maart) is. Alle aansoeke moet per epos aan me. Meyer gestuur word. Dankie vir al die aansoeke wat alreeds ontvang is. Ons is ...