Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus vir Nino van der Merwe by ontvangs@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons bladsy en bly op hoogte!
Wathint'Abafazi, Wathint'Imbokodo' (you strike the woman, you strike the rock)- Vrydag, 25 Augustus, te Cape Sun Hotel.Watter voorreg was dit vir ons leerders om uitgenooi te word en deel te vorm van Robben Island Museum (RIM) se jaarlikse ...
Vrydagoggend, 25 Augustus is ons dogters by ontbyt met 'n verrassing begroet:, 'n leë eetsaal sonder 'n enkele stoel. Die matriekdogters het besluit op 'n nalatenskap vir 40 Days. Hulle het al die stoele verwyder en oral "sticky" notas gelos ...
Jan van Riebeeck se 1ste dogters-tafeltennisspan dring deur na die finale rondte in die tweede liga van die Noordelike Metropool Skoleliga en spook sake uit teen Brackenfell se 2de span vir die goue medalje. Ons dogters speel die tafels aan die ...
Ons is opgewonde oor die naweek van 7- 9 September wanneer ons o.17-hokkiespanne, seuns en dogters, asook die o.15- en o.17-rugbyspan deelneem aan die Marius Schoeman-toernooi. Die beste sportspanne in die land ding teen mekaar mee. Die ...
Die twee beste atletiekskole in hul verskeie sones gaan die seisoen teen mekaar afskop in 4 verskillende minibyeenkomste, sowel as 'n aanlyn-worpbyeenkoms. Ons eerste minibyeenkoms vir worpe en spronge vind Dinsdag, 12 September by Hoërskool ...
Ons o.19 A-span speel 'n tawwe wedstryd teen 'n indrukwekkende span van Bernadino Heights en met 'n paar gemiste doelgeleenthede verloor ons uiteindelik 1 - 0. Ons leerders se spel was 'n toonbeeld van goeie hokkie en hulle het gespog met ...
Let asseblief daarop dat die in-klas assessering, die sogenaamde 'Literature Project', vir Engels Huistaal grade 10 en 11 geskuif word na Woensdag, 30 Augustus.
Die ATKV-Strepiestak het op Vrouedag die damespersoneel van Hoërskool Jan van Riebeeck bederf met die gedig "Sproeireën" deur D.J. Opperman. Met heerlike koffie is hierdie wonderlike dames bedank vir die waardige rolmodelle en voorbeeld wat ...
Die spaarmark moes ongelukkig uitgestel word as gevolg van die Winterbal wat op 11 Augustus tydens die twee pouses plaasgevind het. JanGroen se jaarlikse spaarmark gaan egter eerskomende Vrydag voort en ons wil weer oulike tweedehandse ...
Ons is geweldig trots op Johann Jordaan en Gerard Snijders wat as paar uitgenooi is na die prysuitdeling van die UK-Wiskundekompetisie. Alle Goudpryswenners sal op 21 September by die Universiteit van Kaapstad hulle toekennings ontvang. Baie ...
Hou die naweek van 8 en 9 September oop, want ons sportspanne neem teen die beste skoolspanne in die land deel. Ons Hokkie- o.17 seuns en dogters; netbal o.15 en o.17; rugby o.15 en o.17 spanne is almal teenwoordig by die toernooi. Dis die ...
Baie geluk aan die onderstaande leerders wat ingesluit is in die Khasi High Performance span. Oefeninge begin volgende week Maandag, 28 Augustus 2023, om 14:30 by die rekke-gym (Jubileumsaal). Alle atlete is welkom om aan die nuwe byeenkomste ...