Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Dis weer tyd vir Sterrejag, die grootste talentkompetisie op ons kalender. Kom wys jou talent en wen 'n prys!
Inskrywings kan van 21-24 Julie op die lys voor juffrou Nimmo se klas gedoen word. Die uitdunne sal op Dinsdag, 28 Julie, en ...
Ons jaarlikse basiese noodhulpkursus word op 21-22 Augustus 2026 aangebied.
Vrydag, 21 Augustus 2026
14:30 - 17:30
Saterdag, 22 Augustus 2026
08:00 - 16:00
Koste: R550 per persoon, betaalbaar op Karri voor 7 ...
Daar is eerskomende Dinsdagmiddag, 16 Junie, vanaf 14:00 tot 16:30, 'n gesamentlike koor-en orkesoefening in die skoolsaal. Hierdie oefening is die enigste geleentheid vir die koor en orkes om hul gekombineerde items vir ons toer te oefen, en ...
Hoërskool Jan van Riebeeck wil graag ons gemeenskap, uitstallers, borge en getroue ondersteuners in kennis stel dat die PlezierMarkt, wat vir later vanjaar beplan was, na vroeg 2027 verskuif word.
Terwyl ons voortgaan om ons skool se ...
Is jou kind gereed om sy/haar volle potensiaal te bereik?
Ons Skoolgebaseerde Ondersteuningspan bied in die derde kwartaal 'n uitgebreide kursus in studiemetodes aan, spesifiek ontwerp vir graad 8-12 hoërskoolleerlinge. Dit word deur Elevate ...

Baie gelyk aan die Cathy Gravell (fluit), wat gekies is as een van 26 Wes-Kaapse verteenwoordigers in die Nasionale Hubert van der Spuy Musiekkompetisie.
Let asseblief daarop dat daar op Dinsdag, 23 Junie, en Woensdag, 24 Junie, verpligte klas sal wees vir Graad 12-Fisiese Wetenskap. Die klas duur van 08:00 tot 13:00.
Aangeheg is volledige terugvoer vanaf die HSJvR-beheerliggaam omtrent die meningspeiling wat deur ons ouergemeenskap voltooi is.
https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/06/HSJvR_MENINGSPEILING_TERUGVOER_JUNIE_2026.pdf
Baie ...
Op Woensdag, 17 Junie, sal die graad 10-leerders tydens sessie 1 Wiskunde skryf en daarna 'n Fisiese Wetenskappe (Chemieklas) by hul onderskeie onderwysers hê.

Skaakentoesiaste van Jan van Riebeeck het 'n vriendskaplike skaakwedstryde op Saterdag, 23 Mei 2026, teen Camps Bay High School in die rugbyklubhuis gespeel. Drie wenne en een gelykop dui daarop dat die Jan van Riebeeckers uitstekend gespeel ...
Die FAK Geskiedenis olimpiade word vanjaar op 18 Junie geskryf en is oop vir graad 8-12 leerders. Jy ontvang vooraf 'n studiegids om te bestudeer en voltooi dan die olimpiade op die FAK se digitale platform. Inskrywing is gratis.
Alle ...
Ons gee graag terugvoer rakende die vordering met die astro-hokkieveldprojek.
Sedert die skrywe van 27 Februarie 2026 is 'n volledige ondersoek vir die groter visie van ’n geïntegreerde plan vir die hokkie-, rugby-, atletiek- en ...