Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Die jaarlikse Merieteseremonie is op 17 Oktober gehou en dis tydens dié spoggeleentheid waar ons skool se uitblinkers en toppresteerders erkenning kry vir hulle harde werk. Die graad 12's word ook tydens die plegtigheid vir akademiese ...
Liam Peyper en Angelo Pieterse (beide in graad 11), is SA Junior Tienkampkandidate. Hier oefen hulle saam met oudleerders Oloff van Zyl (matriek 1986 SA Meesters M45-49 paalspringkampioen, twintigkamprekordhouer en 2018 ...
Braam vd Vyver (2de), Dylan Keyser (3de), Daniel Wiese (1ste) en Michael Massyn (4de) het ons trots gemaak by die WP-Tweekamp (liga 2) wat op 12 Oktober gehou is. Hulle het die eerste vier plekker losgeslaan!
Die volgende byeenkoms is ...
Ons is ongelooflik trots op Gerhard Joubert wat op 12 Oktober aan die finaal van die National Youth Music Competition deelgeneem het. Hy het algeheel tweede gekom (Jordan Brooks, violis, stap weg met die eerste prys), maar is aangewys as ...
Ons is altyd trots op ons oudleerders wat presteer! Johannes le Roux (matriek 2007) is een van die baasbreine agter die Duchess-drankie wat tans gewildheid (en pryse) oorsee behaal! Lees meer ...
Die matrieks wat by Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Simon van der Stel hulle babaskoene agtergelaat het, het hierdie week finaal gaan groet voor die eindeksamen afskop. Dit was 'n wonderlike geleentheid vir die leerders om vir 'n slag ...
https://www.facebook.com/HSJanvanRiebeeck/photos/a.175682939295760/1179179218946122/?type=3&theater
Gerhard Joubert (graad 12) het gisteraand (10 Oktober) uitgehaal en gewys en is aangewys as een van die ses finaliste in die landswye National Youth Music Competition vir jong klassieke musici tot die ouderdom 19 jaar. Hy en die ander finaliste ...
Sien asseblief die week se kultuurprogram hieronder.
Alle kultuurnavrae kan gerig word aan mnr Geruan Geldenhuys by geruan.geldenhuys@janvanriebeeck.co.za.
Sien asseblief die week se sportprogram hieronder.
Alle sportnavrae kan gerig word aan mnr Ruvan Prinsloo by sport@janvanriebeeck.co.za.
erskeie Jan van Riebeeckers het aan die pas afgelope Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se sangafadeling deelgeneem en baie goed presteer:
Claudia Stipp Afrikaanse woorde: 82% Lof Eie Keuse: 82% Lof Musical: 95% Goue diploma
Phillip Herbst ...
ené Vorster (graad 9) is onlangs aangewys as die nasionale wenner van die Taalbond se Tweetaligheidseksamen in die junior afdeling. Dit is werklik ‘n besonderse prestasie! Sy volg in die voetspore van Theodore Pauw (matriek 2018) wat in 2018 ...