Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Atletiek: Khasi High Performance span

Baie geluk aan die onderstaande leerders wat ingesluit is in die Khasi High Performance span. Oefeninge begin volgende week Maandag, 28 Augustus 2023, om 14:30 by die rekke-gym (Jubileumsaal). Alle atlete is welkom om aan die nuwe byeenkomste ...

Gr. 12 aansoeke om meriete

Alle graad 12's wat aansoek wil doen om meriete-toekennings tydens die prysuitdeling te ontvang vir aktiwiteite buite skoolverband, moet asseblief die onderstaande skakel teen Vrydag, 1 September invul. Slegs aansoeke wat op die onderstaande ...

Rotaryspan presteer

Die Rotary-debatspan het hul wenstreek hierdie week voortgesit toe hul die 2022 kampioene, Bishops, in die kwarteindrondte van die Rotary Debattoernooi geklop het. Die onderwerp was This house believes the US should withdraw from East Asia and ...

Mentorpiekniek: 23 Augustus 2023

Woensdag het die laaste mentor-piekniek in Huis Jordaan plaasgevind. Die graad 8 & matrieks het hierdie jaar goeie bande gebou. Dis hartseer om te dink dat dit die laaste pouse-saamkuier was. Die graad 8' s wens net die beste vir die ...

Interskole debat- 18 Augustus 2023

Die Jan van Riebeeck debatspanne het in 'n tawwe stryd gelykop gespeel met die spanne van Dirkie Uys. Die Juniors moes die knie buig, maar ons Seniors het Dirkie Uys gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Die onderwerpe was uitdagend en het ...

Graad 9 – Ouerinligting

Kliek hier vir die brief wat alle gr.9-ouers / voogde moet lees rakende die vakkeuse-inligtingsessie op Woensdag, 30 Augustus 2023, asook die Psigometriese toetse wat deur alle graad 9 leerders afgelê moet word. Ons vra dat ouers / voogde die ...

Gasvryheidstudies Vakdag

Die gr. 9's het Dinsdag, 8 Augustus, die geleentheid gehad om meer oor die wetenskap van kosmaak te leer tydens die Gasvryheidstudies Vakdag. Elkeen kon ook deel in heerlike gebakte Hertsoggies en Suurlemoenskyfies. Ons hoop hierdeur dat ...

Kongres: Trauma-ingeligte klaskamer en skoolkultuur

Die skep van 'n trauma-ingeligte klaskamer en -skoolkultuur: kongres vir Hoërskool Onderwysers het Saterdag, 5 Augustus, by die Arts Cape plasgevind. Groot dank aan ons WKOD Metro sentrale kantoor vir die uitnodiging om die waardevolle ...

UCT Irma Stern Museum-uitstalling

Die WKOD het gedurende kwartaal 2 'n kunsprojek vir alle Graad 11-leerders, wat Visuele kuns en/of Ontwerp as vak neem, geloods. Die projek word in samewerking met die UCT Irma Stern Museum aangebied. Alle leerders se werke word digitaal ...
X