Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    
Vier 217 Jaar saam met die SA Kinderhuis en WEN GROOT!

Vier 217 Jaar saam met die SA Kinderhuis en WEN GROOT!

Om ‘n merkwaardige 217 JAAR te vier, hou die SA Kinderhuis 'n spesiale Raffle met ongelooflike pryse!!! Elke Raffle kaartjie kos net R217, 'n simboliese verwysing na 217 jaar van liefde en sorg vir ons kinders. 🎊 HOE OM TE WEN 🎊 Skryf ...
JvR landloop-nuus

JvR landloop-nuus

Baie geluk aan die volgende Hoërskool Jan van Riebeeck-leerders wat gekies is vir die Tafelberg Sone-landloopspan wat op Saterdag, 16 Augustus 2025 gaan deelneem aan die Cape Metro Schools & Western Province Athletics ...

Graad 8 – 11 toetsrooster

Volg die skakel vir die graad 8 - 11 toetsrooster vir kwartaal 3. https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/08/Finale-Toetsrooster-September-2025.pdf Die toetsreeks begin Woensdag, 17 September 2025.

Graad 8 & 9 NW Intervensie

Intervensie vir graad 8 en 9 Natuurwetenskappe vind op Woensdae plaas om 14:30-15:30 in mev. Bezuidenhout se klaskamer. Leerders word vriendelik versoek om op die laatste die Dinsdag 'n afspraak te maak vir die intervensieklas.
HOZA Geskiedenis Olimpiade

HOZA Geskiedenis Olimpiade

Alle graad 8 en 9 leerders word uitgenooi om aan die Hoza Geskiedenis olimpiade, wat op 14 Oktober plaasvind, deel te neem. Hierdie olimpiade is vir juniors en vind aanlyn plaas. Die inskrywingsfooi is R60 per leerder en betalings kan op Karri ...
Loslitdag, 5 September 2025

Loslitdag, 5 September 2025

Loslitdag vind vanjaar op Vrydag, 5 September plaas. Bestel jou plakker op Karri teen R20 'n plakker en ondersteun mense met gestremdhede deur 'n bydrae te maak.

Skoolwinkeltye

Die klerewinkel sal vanaf volgende week slegs op Woensdae oggende van 07:00 tot 07:45 oop wees. Hierdie nuwe tye sal geld tot en met die einde van die jaar.

Gr. 12-Rekordeksamenrooster

Volg die skakel vir die volledige graad 12-FINALE EKSAMENROOSTER-SEPTEMBER 2025. Die graad 8 - 11 toetsrooster vir kwartaal 3 sal in volgende week se nuusbrief verskyn. Die toetsreeks begin Woensdag, 17 September 2025.
X