Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Skoolwinkeltye

Die klerewinkel sal vanaf volgende week slegs op Woensdae oggende van 07:00 tot 07:45 oop wees. Hierdie nuwe tye sal geld tot en met die einde van die jaar.

Gr. 12-Rekordeksamenrooster

Volg die skakel vir die volledige graad 12-FINALE EKSAMENROOSTER-SEPTEMBER 2025. Die graad 8 - 11 toetsrooster vir kwartaal 3 sal in volgende week se nuusbrief verskyn. Die toetsreeks begin Woensdag, 17 September 2025.

Interskole rosette

Leerders kan vanaf Maandag, 11 Augustus, hul rosette wat via Karri gekoop is, tydens pouses by Roelene van Loggerenberg in die administratiewe blok afhaal.

Alumni-uitnodiging: Kom speel saam!

Ons nooi graag ons oud-leerders uit om tydens Interskole deel te vorm van 'n alumni-hokkie-, netbal- of rugbyspan! Kom meet kragte teen die Tiere se oud-skoliere en herleef die span-gees van vroeër jare. Indien jy belangstel om saam te speel, ...

Proverto Olimpiade:

Die volgende ronde van die Proverto Olimpiade vind plaas op Woensdag, 30 Julie 2025 in me. Meyer se klaskamer om 14:15. Geluk aan die Graad 10 tot 12 leerders wat deurdring: Ekonomie: Stella, Fredrich en Nayla. Besigheidstudies: ...

OnzeJan: Kwartaal 2

Volg gerus die skakel vir die OnzeJan vir hierdie kwartaal. https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/06/Onze-Jan-2025-KWT-2-1.pdf

Vakansie oefenprogram

Volg die onderskeie skakels vir hul vakansieprogramme. Hokkie Netbal Rugby Dis juis in hierdie tye waar jy interskole wen of verloor: Spelers wat tydens die vakansie aanhou werk, kom sterker terug. Die programme is spesiaal ...

JanStyl: Graad 11-leerders

Geagte graad 11-leerders en -ouers Die tyd van die jaar het aangebreek om weer nominasies oop te stel vir JanStyl. JanStyl is 'n baie spesiale projek en aand, spesifiek gefokus op ons graad 11-groep. Die aand gaan oor veel meer as net ...

JvR Kunstefees

Hoërskool Jan van Riebeeck bied vanaf 5 tot 8 Augustus, in samehang met ons Kultuurweek, 'n Kunsfees/Eisteddfod aan. Hierdie fees sluit Musiek (Instrumentaal en Vokaal), Voordrag en Toneel, Visuele Kuns, Fotografie en Kreatiewe Skryfwerk in. ...
X